Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13 V

Binnelanders gelaai met aksie in November

Nuus
02 November 2015
Maak seker jy mis nie een opwindende oomblik van die asemrowende aksie in Binnelanders tydens November nie.
1196-5

Aan die einde van November word Spectre (die langverwagte opvolg op Skyfall) landwyd by teaters uitgereik. Diegene wat nie kan wag vir die intriges van die bekendste spioen op die planeet nie, kan in die voorlaaste maand van 2015 inskakel vir Binnelanders.

Verwag ’n avontuurlustige adrenalien-belaaide reis deur die donker dal van drama, gedryf deur die lustigheid van die liefde, wat uiteindelik eindig by ’n verrassende vista wat ’n hele paar mense se koppe gaan laat draai – net soos enige goeie James Bond-fliek.

34 ep1203 2


Octopussy
en Goldfinger
Ons eie James Bond, die sjarmante dr. Steve Abrahams, gaan ’n baie goeie front moet ophou indien hy nie wil ontmasker word nie. Dit is hoekom die booswig van die uur, Dennis, daarop aandring dat Steve vir Lisa aanstel as die nuwe teatersuster.

Liewe Lisa maak nie vinnig vriende nie, en wanneer Ivanka snuf in die neus kry oor die nuwe aanstelling sal sy moet ondersoek instel om agter die kap van die byl te kom. Dalk moet Van se bromponie herdoop word na The Living Daylights?

34 1196 4
34 1197 3


The Man with the Golden Gun en Dr. No
Steve se probleme hou nie op met Dennis en Lisa nie. Blykbaar het hierdie 007 ’n familielid wat ’n mens behoorlik broek-bewerasies kan gee – ’n skoonpa! Tim Jantjes, Bronwyn se besorgde en liefdevolle pa, lyk asof hy nie ’n vlieg kan seer maak nie, maar wanneer die man besoek aflê om ondersoek in te stel na sy dogtertjie se toekomsplanne, is daar meer as net ’n slang in die gras. Wat niemand besef nie, is dat ’n wolf ook netjies lyk in skaapsklere – vra maar vir ons eie Dr No, At Koster.

At is nie heeltemal beïndruk met wat in sy hospitaal aan die gang is wanneer teaters regs en links bespreek moet word vir operasies wat Steve doen nie, en wanneer hy baie meer besorgd raak oor Ivanka as wat hy voorgeneem het om te wees, is Steve se doppie dalk geklink.

34 1202 1


You Only Live Twice
Naomi en Kobus se verhoudingsbootjie het ook al deur baie troebelwaters gevaar. Is daar uiteindelik iets om te vier? Gaan Kobus uiteindelik daardie groot vraag vra wat Naomi se hart gaan vermurwe?

34 ep1203 1
34 1199 5


Casino Royale
Ontmoet Marinda Marais: Kobus se mamma. As daar nou een ysteraster is wat die vreeslose eks-rugbyspeler stom kan maak, is dit hierdie katjie wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie. Hoe gaan Naomi oor die weg kom met dié vrou wat heel moontlik haar skoonma kan word in die toekoms?

Ons almal weet Diamonds Are Forever, maar as jy moet kies tussen On her Majesty’s Secret Service en The Spy Who Loved Me, gaan jy nog dink jy het die boerpot gewen?

34 ep1205 2


Goldeneye
Mia Robberts is ’n aanvallige en vurige jong dokter wat in Pretoria beland terwyl haar passie-projek ’n paar struikelblokke beleef. Haar robotika-projek sal duisende mense se lewens verander, indien sy net die sagterware komponent daarvan kan laat werk. Haar projek het ook beleggers nodig sodat sy die nodige tyd kan afneem om al haar tyd aan die projek te kan wy.

Thunderball
Ons almal weet dat Rian Malherbe ’n man is wat ’n oog het vir besigheid, maar wanneer sy persoonlike drome ook aandag kan geniet in die oplossing van ’n saak is daar regtig geen keer aan hom nie. Rian kom te hore van Mia se dilemma, en kort voor lank is hy verwikkel verwikkel in ’n stryd om deel te wees van die talentvolle jong dame se besigheidsplanne. Mia is oopkop, maar weet nie veel van besigheid nie – en wanneer ’n mens die gevaarlike politieke terrein van Binneland Kliniek betree, gaan jy definitief meer as net A View to a Kill nodig hê om te oorleef.

34 1202 4
34 1202 5


Skyfall
’n Klein foutjie kan ’n biljoenêr nogal duur te staan kom – soos wat Rian ook in November baie vinnig sal moet leer. Tesame met die feit dat hy groter persoonlike drome het vir dr. Robberts se tegnologie, maak hierdie 'glips' dat die gewoonlike kalm Rian baie meer gespanne is. Pippa probeer ondersteunend wees so ver sy kan, maar ’n mens het ook net soveel energie in ’n dag voor ’n mens uiteindelik sê: Live and Let Die.

34 ep1209 4
34 ep1204 4


From Russia with Love
Lexi se SMS-verhouding word op ’n baie kritiese oomblik tot op die spits gedryf – en sy gaan ’n wonderwerk, of ’n man van die binnekring nodig hê om haar uit haar verknorsing te help. Gaan haar Moonraker haar laat Die Another Day?

Maak seker jy mis nie een opwindende oomblik van die asemrowende aksie in Binnelanders tydens November nie, weeksaande op kykNET.

34 ep1209 1