Logo
Arendsvlei – slim
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Pret en uitdagings – Arendsvlei

Nuus
10 Desember 2019
Die Arendsvlei-akteurs vertel ons meer oor die tonele wat hulle nooit sal kan vergeet nie.
Screenshot 2019-12-27 at 11.41.42

Om op die stel van Arendsvlei te wees bied elke dag vars uitdagings en vermaak vir almal wat betrokke is. Die sterre van die reeks berei hulself voor vir tonele wat emosioneel uitputtend is, maar soms is hulle ook in die posisie om slegs hulself te geniet voor die kameras. Ons het met verskeie Arendsvlei-akteurs gaan gesels oor hulle gunsteling tonele, sowel as dié wat uitdagend was om te verfilm. 

Menecia Sass

“Die lekkerste toneel wat ek verfilm het, was toe ons gaan kamp het aan die einde van seisoen een. Dit het gevoel asof ons rêrig kamp. Ons het saam gedans en sing. Die uitdagendste toneel was toe ek vir Melanie du Bois moes slaan met ’n vuis. Ek was só senuweeagtig, want ek het geweet die kykers gaan my karakter net nog meer haat.”

Noel Oostendorp

 “Die lekkerste toneel is elke toneel wat ek met Craig werk. Die uitdagendste toneel was toe Bradley vir Wesley op die grond sien lê, net na hy probeer selfmoord pleeg.”

Dean Olivier

“Die dans toneel tussen my karakter, Anton, en Nicolene is een van my gunstelinge. Ek geniet dit baie om te dans en die geleentheid om te kon dans en toneel te speel was vir my ‘fun’. Ons het geoefen en geoefen, oor en oor na die musiek geluister en moes op die dag van die matriekafskeid dans voor al die ander akteurs. Dit was ‘fun’. Vir my was die uitdagendste toneel die romantiese tonele tussen Anton en Nicolene. Ek is van natuur baie skaam en dus was hierdie spesifieke tonele vir my bietjie buite my gemaksone. Ek kan onthou hoe skaam ek was vir my eerste ‘on-screen kiss’. Ek was só senuweeagtig, maar gelukkig werk ek met ’n baie goeie ‘cast’ en ‘crew’ wat my mooi onder hul vlerk geneem het en gemaklik laat voel het.”

 Cantona James

“Sovêr moet my lekkerste toneel uit episode 28 wees. Dit is wanneer Daniel vir Laeticia vind en die man slaan wat haar geslaan het. As akteur wou ek nog altyd teen geweld teen vroue opstaan en daardie toneel het dalk ’n boodskap gestuur aan baie mense om dieselfde te doen.” 

Craig Adriaanse

“Daar was baie opwindende tonele, maar een van my gunstelinge was die fondsinsameling tonele waar Early B sy liedjie, Ben 10, gesing het. Nog ’n toneel waarop ek baie trots is, is die een waar Wesley en Lee-Roy hul eerste soen deel omdat dit baie kykers hoop en moed gegee om hulself te wees. Dit het baie mense se oë oopgemaak en laat besef dat liefde altyd wen. My amper-selfmoord toneel was die moeilikste om te skiet omdat dit baie emosie geverg het. Ek moes navorsing doen, en myself in ’n plek kry van diep donkerte vir die karakter. Dit is ’n baie ernstige storielyn en as mens sulke tonele verfilm, moet dit altyd met sensitiwiteit gedoen word.”  

Christian Bennett

“Die lekkerste tonele is die Emile en Wendy-tonele, want ons het die wêreldse klomp pret. Ons altwee hou van lag en hou daarvan om ligsinnig te wees met tye. As ons die tonele skiet met Christopher en Emile is dit die mees uitdagend. Die spasie is baie klein en warm, dit kan nogal ná ’n paar ure erg raak.”

Sherman Pharo

“Daar is ongelooflik baie lekker tye op die stel, baie van dit met Janice en Claudia. Een was veral toe Janice en Thys skel, Janice uitstap en net daar op die grond val. Ons het aangegaan asof dit deel van die toneel is! Toe ons ophou skiet, het almal uitgebars van die lag! Ek dink die uitdagendste toneel vir my was toe Thys van Lionel en Janice se verhouding uitvind. Sy het terselfdetyd ook ’n aborise gehad met Lionel se baba. Thys was eintlik net die maklike manier uit.”

Bly op hoogte met al die drama in die vlei en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram.