Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Op almal se lippe – Arendsvlei

Nuus
31 Maart 2019
Lees meer.
Op almal se lippe – Arendsvlei

Om slegs die episodes van Arendsvlei te kyk is nie altyd genoeg nie. Ons geniet dit om tussen uitsendings kykers se opinies en gedagtes oor wat gebeur het te hoor. Een só manier is om oomblikke uit episodes op Instagram te laai, aangesien ’n foto soms ’n duisend betekenisse kan hê. Dus, vier ons Arendsvleiers se menings op Instagram met ’n paar van ons gunsteling comments.

juliesp007: “Hoe kon twee couples so verkeerd trou, die een hoort by die ander een.”

marie_bekeer: “Beste verhouding tussen ouer en kind ooit.”

valeriemckaiser: “Hulle pas by mekaar. Sys te oulik.”

crownsforqueens1: “Lol. Ooh Janice I have ur hairstyle today. My man se x moet neti soos j behave vandag ni. Love the character.”

garnett.cj: “Ek Kan in my TV klim as Chantel eers begin boelie... Veral vir ilke ook... But dit is soo die waarheid wat in vandag se lewe daar buite aan gaan.”

lorelle_hoffman: “Kim los tog vir Vern uit, asseblief.”

mrs.marshab: “Awe! Mr.Cupido.”

dolfyntjie.cb.na: “Ai... Ek sien big trouble ini vlei...”

emile_the_prodigy: “@jodythejester jy maak die Vlei heelwat pret.”

rog518za: “Float like a butterfly, sting like Debra.”

Wil jy ook deel wees van die aanlyn-pret? Gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.