Logo

Zoid se republiek eersdaags by Woordfees

Nuus
15 Februarie 2016
Stellenbosch se Woordfees wink vir Karen Zoid. Sy is op 11 Maart 2016 om 20:00 in die produksie Republiek van Zoid Afrika in die Coetzenburg-stadion te sien.
RZA Print
Stellenbosch se Woordfees wink vir Karen Zoid. Sy is op 11 Maart 2016 om 20:00 in die produksie Republiek van Zoid Afrika in die Coetzenburg-stadion te sien.

Met haar gewilde kletsprogram op kykNET, Republiek van Zoid Afrika, is Karen Zoid met haar gaskunstenaars byna weekliks bo-aan die Suid-Afrikaanse iTunes-trefferlys. Tot op hede het sy nie minder nie as tien keer die nommereen-posisie behaal – ’n ongeëwenaarde prestasie.

Republiek van Zoid Afrika se derde seisoen word tans op kykNET uitgesaai. Die liedjies wat tydens elke episode opgevoer word, kan van iTunes afgelaai word terwyl die program uitgesaai word.

Die produksie bevat ’n meesleurende mengsel van melodieë, rock ’n roll-ballades en interessante verwerkings van haar en die gaskunstenaars se grootste treffers.

Gaskunstenaars: Anneli van Rooyen, Bobby van Jaarsveld, Emo Adams, Zolani Mahola (Freshlyground), Kahn Morbee (The Parlotones), Vicky Sampson en Francois van Coke.

34 epi 13 rza 006

34 rza epi3 02


Kaartjies kos tussen R100 en R170. Klik hier om kaartjies te bespreek.

Stellenbosch se Woordfees vind plaas van 4 tot 13 Maart. Kry die volledige program hier.

34 rza print