Logo

Wimpie se gesonder leefstyl help hom om jonger te voel en lyk – Mooimaak 3

Nuus
28 Januarie 2021
Wimpie en sy hele gesin het gebaat by die Mooimaak-reis en almal leef nou gesonder.
MM Willie

Wimpie is mal oor klassieke musiek en antieke meubels. Hy bly saam met sy dogter en lewensmaat in die Strand en alhoewel hulle almal baie gelukkig is, was Wimpie se gesondheid nie baie goed nie. Clare het vinnig agtergekom dat Wimpie baie ongesond eet, onder meer te veel suiker. Clare en die span het besluit om dadelik in te tree en Wimpie se koskas ‘n gesonde Checkers “make-over” te gee. Met Checkers se Simple Truth en Oh My Goodness! Reekse kon Wimpie nog steeds lekker eet, maar kos met minder ongesonde weggesteekte bestanddele  wat sy gesondheid benadeel.

Wimpie was voor Mooimaak ‘n roker en dit het ‘n negatiewe invloed gehad op die tekstuur van sy vel. Hy het ook letsels gehad wat hy wou verwyder, asook ‘n paar plooie. Die span by Laserderm het ook Wimpie met Coolsculpting gehelp om van die vet om sy heupe ontslae te raak.Velsorg produkte is nie net vir vroue nie en Wimpie was mal oor sy Lamelle produkte en velsorg roetine wat daarmee saam kom. Wimpie was spesifiek op die Clarity- en Acnevelle-reekse van Lamelle wat help met veluitslae.

Dermastore se Dr Webster is net om die draai van Wimpie in Somerset Wes, maar die velprodukte en advies kan van enige plek bestel word vanaf hul webblad by www.dermastore.co.za/.

Ondanks Wimpie se rookgewoonte en soet tand, het hy geneties baie sterk tande. Die tande se voorkoms was net nie meer so goed nie. JJS Denstistry het gesorg dat Wimpie met ‘n filmsterglimlag wegstap deur die gebruik van Emax-veneers en ‘n Phillips Zoom- tandbleiking.

Wimpie en sy hele gesin het gebaat by die Mooimaak-reis en almal leef nou gesonder. Deur al die lag het Wimpie ons ook gewys dat deursettingsvermoë en harde werk die deurslaggewende faktore is in enige iemand se Mooimaak-reis.

“My reis met Mooimaak het my voorkoms radikaal verander asook my selfvertroue en selfbeeld verbeter. Tydens die reis het ek ook baie geleer wat betref velsorg, gesonde eetgewoontes, asook hoe belangrik oefening is. Dit wat ek geleer het, te danke aan die wonderlike geleentheid wat Mooimaak my gebied het, pas ek na maande steeds toe. Dit het intussen ‘n integrale deel van my daaglikse roetine geword. Mooimaak beskou ek as ‘n innerlike en uiterlike transformasie. My uitkyk op die lewe het verander – ek is nou positief en dankbaar. Baie dankie aan Mooimaak, Laserderm, Dr JJ, Dr Larry van Medhair, en al die ander borge.” – Wimpie Cooper

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.

Skakel Donderdae om 21:00 in vir die nuutste Mooimaak-reis, en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik.