Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

Wat ons geleer het – Plaasjapie

Nuus
11 Oktober 2022
Hier is vier goed wat ons geleer het oor die splinternuwe reeks!
Plaasjapie

Konneksies is alles

Dian se sukses in die eerste seisoen van Plaasjapie beklemtoon die belangrikheid van persoonlike verhoudings vorm met jou spanmaats. ’n Goeie aliansie alleenlik kan jou dalk deur ’n paar stemme kry, maar konneksies wat selfs na die reeks nog sal voortduur kan jou tot die einde kry.

Dink mooi oor die Lottostar luuksheid

Die Lottostar luukshede maak nie net lewe op die plaas bietjie makliker nie, maar kan ook tot die span se voordeel gebruik word as die regte besluite gemaak word. Ons het ook geleer dat die keuse om die verrassings boksie te kies baie keer eindig in diep teleurstelling en hierdie risiko moet slegs geneem moet word as die kaptein voel geen ander opsie sal die span veel baat nie.

Let mooi op hoe dinge gedoen word

As lewe op die plaas ‘n lang les was, was die finaal die toets wat bepaal of jy geslaag het. Die laaste stel uitdagings wat Stefan en Dian moes aanpak het nie net hulle vermoë getoets nie, maar ook hul kennis. Dus is dit baie belangrik vir elke stadsjapie om seker te maak hulle let op hoe elke ding op die plaas gedoen word en seker maak hulle kry ook ’n beurt om elke aktiwiteit uit te voer.

Wees ’n leier, nie ’n baas nie

Om kaptein vir ’n dag te wees kan ’n groot rol speel in hoe jou spanmaats jou ag in die kompetisie. Die regte balans moet gevind word om vir jou spanmaats te sê wat om te doen sonder om ‘bossy’ voor te kom, maar tog seker te maak dat alles reg gedoen word. Verskeie deelnemers het hulself in die voet geskiet deur te veel beheer te neem as kaptein en dus soos ’n ma of pa voor te kom in plaas van ’n ware leier wat die hele span bymekaar kan hou.

Die hele eerste seisoen van #Plaasjapie is op DStv Catch Up beskikbaar.