Logo

Wat ons dié week geleer het – Boer Soek ’n Vrou 13

Nuus
21 Februarie 2021
Die pasmaats het hierdie week die geleentheid gekry om die boere in hul gemaksone te sien en lewe op die plaas te ervaar. Vir die boere was dit egter ’n kans om te sien hoe die dames aanpas en natuurlik om hulle nóg beter te leer ken! Hier is wat ons geleer het uit hierdie week se episode.
Screenshot 2021 02 21 at 19

Déan is reg om sy lewensmaat te vind

Tot dusvêr het ons nog nie baie van Déan se dieper kant gesien nie. Hy het egter hierdie week dit duidelik gemaak dat hy deelneem vir die regte redes en opsoek is na ’n verhouding wat minstens sestig jaar gaan hou!

Albert het baie vertroue in sy pasmaats!

Albert het sy pasmaats laat skiet met sy pistool en rondry in sy trekker hierdie week. Aanpasbaarheid op die plaas was duidelik vir dié boer belangrik!

Kobus was meer as voorbereid!

Kobus het seker gemaak dat sy pasmaats nie ’n oomblik honger sal wees nie! Marciel was geskok toe sy sien dat Kobus drie yskaste en vier vrieskaste vol kos gemaak het voor sy pasmaats kom kuier.



René hou nie van die braaibroodjie debat nie

René glo vas dat daar nie ’n regte of verkeerde manier is om ’n braaibroodjie voor te berei nie. Volgens haar het ’n braaibroodjie slegs kaas nodig om ‘reg’ te wees. Die ander pasmaats voel egter nie dieselfde nie.

Albert weet wat hy wil hê

Albert het erken dat hy reeds sterk voel oor een van die pasmaats!

Bly op hoogte deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik en gesels gerus saam op Facebook, Twitter en Instagram!

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel