Logo

’n Dag vol emosies – Boer soek ’n vrou

Nuus
17 Maart 2022
Drie van vanjaar se boere moes vanaand die laaste en moeilikste keuse van die reis na liefde maak.
Screenshot 2022 03 17 at 15

Boer Johan

Boer Johan het vanaand vir Arina gevra om nog bietjie langer te kuier. Die verligting was baie duidelik nadat hy sy besluit gemaak het en Arina het gesukkel om haar opgewondenheid weg te steek! Johan se woorde was ‘klaar’ na hierdie ervaring en hy sien uit daarna om Arina beter te leer ken sonder al die stres van groot besluite maak.

Boer Nelis

Emosies het hoog geloop op Nelis se plaas, met die wete dat ’n reuse besluit voorlê. Esmerélda het met trane in haar oë ja gesê toe Nelis haar vra of sy nog langer op die plaas sal bly. Met al die spanning agter die rug was dié twee duidelik ‘lovey-dovey’ en vol hoop oor die toekoms!

Boer Tyson

Daar was ’n kalmte op Tyson se plaas op die dag van die groot besluit en almal het hulle laaste tydjie saam geniet. Tyson het vir Alri gekies en was vol komplimente toe dié twee na die besluit met Marciel gesels het!

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.