Logo

Waar’s Wit Kasteel-Tokkeltoer

Nuus
14 Desember 2015
Hierdie Desember gaan kykNET NOU en Wit Kasteel saam op ’n opwindende toer deur Suid-Afrika. Die toer skop 15 Desember af in Pretoria en eindig op 19 Desember in Mosselbaai.
WWK Poster 1
Hierdie Desember gaan kykNET NOU en Wit Kasteel saam op ’n opwindende toer deur Suid-Afrika. Die toer skop 15 Desember af in Pretoria en eindig op 19 Desember in Mosselbaai, waar Wit Kasteel by die Bravofees saam met ADAM, Brendan Peyper en Snotkop sal optree. Die doel van dié toer is om Suid-Afrika se ryk geskiedenis en kultuur te verken en te deel op sosiale platforms.

34 screen shot 2015 12 14 at 10.21.51 am


In ’n onderhoud met Suné Lotter van kykNET NOU digiTAAL het Clemond Dartnall, die hoofsanger, gesê: “As ’n mens op toer is vergeet mens om die land en al sy geskiedenis in te neem omdat dit ’n gejaag van een optrede na die volgende een is.”

Die groep beplan om gedurende dié toer onder meer plekke soos die Nasionale Vrouemonument, Eierklip en die Surf-monument te besoek, die geskiedenis daarvan te verken en dan te deel op sosiale media. Optredes sal plaasvind in Bloemfontein, Cradock, Jeffreysbaai, en Diaz. Daarna sal die groep optree by Mosselbaai se Bravofees, wat as hoogtepunt van die Wit Kasteel-Tokkeltoer sal dien.

34 witkasteel2


Dié optredes en geskiedkundige verkennings kan gevolg word op sosiale media deur die hutsmerk #WWK (Waar’s Wit Kasteel) te gebruik. Gedurende hierdie typerk gaan kykNET NOU en Wit Kasteel gereeld foto’s en interessante feite hier deel. Dus kan aanhangers só deel wees van die toer en ook ’n ding of twee leer.

Wit Kasteel se baskitaarspeler, Reinard Kruger, het gesê: “Ons is verskriklik opgewonde en kan nie wag om die kultuur en geskiedenis met die mense te deel nie.”

Besoek gerus die Wit Kasteel-webblad vir meer inligting oor Wit Kasteel se Tokkeltoer en volg ook die groep op Twitter en Facebook. Maak seker om ook die kykNET NOU-Facebookblad te besoek en om kykNET op Twitter te volg.

Kyk na die gesprek hier onder: