Logo

'Vriendelike' Ricardo maak die knieë lam

Nuus
12 Maart 2015
Ontmoet die nuwe gesig in Villa Rosa, Ricardo, of Cardo, soos sy vriende hom noem. Die dames is mal oor hom maar hy laat hom nie vasmaak nie.
danny

Ricardo (Cardo) Cloete - vertolk deur Danny Ross 

Ricardo (of Cardo soos van sy vriende hom noem) is in sy vroeë twintigs. Hy is ‘n vrot appel.

Klein Ricci (sy Ma se naam vir hom) het elke geleentheid gehad om iets goed met sy lewe te doen. Sy ouers was onderwysers by ‘n plaaslike skool in Bloemfontein en Ricardo is die laatlammetjie van 5 kinders. Hy is vreeslik bederf en sy ouers was geneig om sy stoutigheid te maklik af te skryf aan jeugdige uitbundigheid. Ricardo kan homself uit enige ding praat en die blaam vir sy manewales het enige plek behalwe op sy eie skouers geval. Nadat sy ouers saam oorlede is in ‘n grusame ongeluk in sy Matriekjaar, het die wiele behoorlik begin afval.

Op die oog af is Cardo ‘n laid back charmer, ‘n smooth operator met ‘n goeie sin vir humor. Die dames is mal oor hom maar hy laat hom nie vasmaak nie. Onder die vriendelike fasade is hy ‘n berekende misdadiger wat nie skroom om ander te gebruik en te vertrap om by sy doel uit te kom nie.