Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Voorskou: 17 - 20 April 2023 – Arendsvlei

Nuus
17 April 2023
Hier is waarna jy dié week kan uitsien!
Arendsvlei weekly

Maandag, 17 April

Dinge loop verkeerd by die skool en Rachel plaas toenemend druk op hulle. Daniel wil hê Saartjie moet hulp kry. Lionel wil praat oor ’n baba en Janice het ‘n skokkende reaksie.

Dinsdag, 18 April                                                                 

Hoërskool Arendsvlei se kostes bly styg. Janice is spyt oor die oplossing wat sy vir Lionel gegee het. Daniel gee vir Saartjie ’n ultimatum. Tanner maak ’n drastiese besluit oor sy toekoms.

Woensdag, 19 April

Tanner se geheim word onthul. Beatrice moet die ouers vertel van die noodgedwonge heffing in skoolfooie en Saartjie probeer vir Daniel mislei, maar sal hy daarvoor val?

Donderdag, 20 April

Beatrice bereik 'n breekpunt en Anthony is haar onverwagte steunpilaar. Saartjie draai na Brommer toe met ’n skokkende voorstel en dit lei na ’n tragedie.

Maak seker jy skakel elke Maandag tot Dondedag om 19:30 in vir #Arendsvlei!