Logo

Vonkelvrou: Ekspo gerig op vroue nou in die Paarl

Nuus
15 Februarie 2016
kykNET se Vonkelvrou-ekspo vind plaas op 27 en 28 Februarie 2016 by Le Bac Estates in die Paarl.
Vonkelvrou Ad
kykNET se Vonkelvrou-ekspo vind plaas op 27 en 28 Februarie 2016 by Le Bac Estates in die Paarl.

Dié ekspo – die grootste byeenkoms van sy soort wat op vroue gerig is – word aangebied deur Trio- en M4 Events met kykNET as hoofborg. Intiem-tydskrif, Paarl Pos, Drakenstein Gazette, Swartland Gazette, Worcester Standard, Eikestadnuus en Weslander is gedrukte mediavennote, BOK Radio die fees se radio-vennoot en Old Buck Gin die verhoogborg.

Die byeenkoms sal na dié naweek ’n jaarlikse instelling word.

Die Vonkelvrou-ekspo is ’n fees vir vroue van alle ouderdomme – of jy nou wil kies en keur uit mooi goed, meer van besigheid te wete wil kom of wyn en vonkelwyn uit die Kaapse wynlande, craft-bier en die buitelewe wil geniet.

Feesgangers kan uitsien na ’n rits stalletjies (wat handgemaakte produkte en deli-lekkernye insluit), gratis aanbiedings oor verskillende relevante onderwerpe deur kenners en spesialiste op verskillende gebiede en vermaak deur van die land se beste kunstenaars, soos Joe Foster en Heinz Winckler.

Dr. Gustav Gous wil feesgangers help om hulle lus vir die lewe terug te wen, Rodney Seal gaan raad bied teen boelies, Kokkedoor se Mynhardt gaan heerlike oestafels bymekaar sit, Intiem wil jou help om nuwe lewe in jou huwelik te blaas en Alette-Johanni Winckler sal jou help om jou klerekas beter te beplan.

Die Vonkelvrou-ekspo is dalk op vroue gerig, maar die hele gesin word by die geleentheid betrek.

Kinders word besig gehou in ’n speelplek en mans word aangemoedig om saam te kuier in ons wyntuin en craft-bier-area, en sommer na ons buitelewe-produkte te kom kyk.

Kaartjies vir volwassenes kos R80 per persoon per dag of R120 per persoon vir die naweek en vir kinders onder 12 jaar R30 per persoon per dag of R40 vir die naweek, en is by die hekke beskikbaar of by aanlyn by Computicket.

Vir meer inligting asook die volledige program besoek die webblad www.vonkelvrou.com of kontak Marius by 082 570 5758 of Hetta by 082 920 3444.

34 vonkelvrou ad


Vir meer nuus oor kykNET-feeste, of doendinge in jou omgewing, klik hier.