Logo

Splinternuwe Buite Ekspo nou by Hartenbos!

Nuus
28 September 2023
Hierdie geleentheid is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4x4-entoesias en die hele gesin is welkom.
Buite Ekspo

Die kykNET Buite-Ekspo Suid Kaap word vir die eerste keer vanaf 29 September tot 1 Oktober by ATKV Hartenbos aangebied. Dis dan ook die eerste naweek van die skoolvakansie en waar beter om hierdie geleentheid aan te bied as by die baie gewild oord ATKV Hartenbos.

Die kykNET Buite Ekspo konsep word al sedert 2011 met groot sukses aangebied in SA, met 'n Limpopo weergawe by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela Bela en ook een in die Wes Kaap by Moreson Plaas net buite Malmesbury, waar die opkoms in 2022 ‘n verbysterende syfer van net meer as 22 000 besoekers was, wat dit by verreweg een van die grootste buitelewe Ekspo’s van sy soort in SA maak.

Hierdie geleentheid is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4x4-entoesias en die hele gesin is welkom. Dis 'n volwaardige buitelewe leefstyl Ekspo en bestaan nie net uit buitelewe uitstallers wat die heel nuutste produkte op 'n baie unieke manier kom uitstal nie, maar daar is ook 'n komponent kindervermaak en ook 4x4 hindernis ritte saam met die bekende Mnr 4x4, Andre de Villiers. Alhoewel hierdie NIE 'n musiekfees is nie, tree daar ook puik kunstenaars op, soos onder andere Neels Moir, Landman, Sone Joubert, Rooies, Blackie Swart, Desmond Wells, Johan Liebenberg, David Fourie, Rooiwyn Profeet, Dewald Dippenaar met Riaan Grobler wat die MC is vir die naweek – almal geborg deur Hankook Tyres.

Mosselbaai Helikopters bied ook helikopter vlugte aan waar die pragtige kuslyn uit die lug waargeneem kan word so bring daai kameras saam om dit vas te vang! 

Jimmy’s Steakhouse Sauces se aktivering sal plaasvind in die vorm van 'n braai-potjie kompetisie waar die publiek dit kan kom uitspook met van ons kunstenaars – iets om voorwaar nie te mis nie.

Daar is volop gekeurde kosverskaffers op terrein met ‘n groot kroeg- en biertuin fasiliteite, asook 'n Wyn-en Kuiertuin. Kom besoek ook gerus ons kuns-en snuffelmark waar daar slegs uitstallers van gekeurde produkte sal wees. 

Vir die tweede keer hierdie jaar bied GT Camper in samewerking met Trio Events ‘n kykNET Buite Ekspo GT Camper Gholfdag aan by die immergewilde en baie bekende Pinnacle Point Gholf Estate in Mosselbaai op Woensdag 27 September. Kontak asb vir Elmien om deel te neem of as borge betrokke te raak by 072 588 1127 of e-pos [email protected]. Daar is baie beperkte geleenthede hier beskikbaar so GOU SPRING...

Besoek gerus www.ekspo.co.za vir meer inligting en om dagbesoekers kaartjies te koop deur TicketPro (ook beskikbaar by die hekke). Pryse is baie billik en wissel van R25 tot R100, afhangend van watter dag en tipe kaartjies gekoop word. Spesiale kampering- en ‘glamping tent’ pakette is ook beskikbaar vir die naweek teen uiters billike tariewe en kan bespreek word by Delmaine by [email protected].

Enige uitstallers navrae kan gerig word aan Tersia by [email protected] of skakel haar direk op 072 487 0000.