Hy is dalk passievol oor prokureur word, maar die tenoor Louis Loock is nog lank nie klaar is met dit wat hy die beste doen nie: musiekmaak. Ons het met hom gesels.
Musiekmaak hou hom besig, wat beteken hy het min tyd om homself as ’n bekwame kunstenaar te vestig. “Ek is baie lief vir skilder, wanneer ek die tyd kry om dit te doen. Ek beskou dit as ’n stokperdjie,” vertel Louis.
“Dieselfde geld vir my skryfwerk. Ek skryf kortverhale, meestal komies, omdat ek ’n groot liefde vir my taal het en versot is op stories uitdink.”
Min tyd het hom egter nie gekeer om nóg ’n passie uit te leef nie. Hy studeer tans vir ’n LLB-graad en is ’n kandidaat-prokureur in ’n regsfirma.
“Oor vyf jaar gaan ek sonder twyfel as prokureur praktiseer,” sê Louis. “Ek wil graag mense help wat in moeilike situasies verkeer.
“Ek geniet elke oomblik daarvan, maar wil dit baie duidelik maak dat ek nooit sal ophou om mooi musiek te maak en te sing nie.”
Op sy publisiteitsfoto’s lyk hy saaklik in ’n netjiese pak. “Mense sien my altyd net in my pak, maar min weet ek sal nie twee keer dink om heeldag in ’n kortbroek en plakkies rond te loop nie.”
Hy wil binne die volgende vyf jaar homself as kunstenaar “vernuwe”, en wil “ten minste probeer om elke jaar of twee ’n mooi en goeie album uit te reik.”
Louis meen die grootste uitdaging vir plaaslike kunstenaars is die grense van Suid-Afrika. “Ons bly in ’n klein land – as jy dit met ander lande vergelyk – en hier is baie kunstenaars wat hul pond vleis wil hê.
“Gelukkig is daar nie baie tenore nie,” sê hy. “As jy as kunstenaar wil oorleef en goed aftree, moet jy sonder twyfel jouself divers maak op verskillende vlakke.”
Al is sy jongste album, Skatkis, al ’n paar maande op die rakke, verkoop dit steeds goed. “Die musiekmark trek op ’n internasionale vlak baie swaar wat die verkope van albums betref.”
Louis, wat ook gereeld in Australië optree, is een van die kunstenaars wat die SuperSkouspel-gehoor op 19 September gaan vermaak. “Ek is trots om deel te kan wees van ’n konsert wat graag alle Suid-Afrikaners bymekaar wil bring om te kan vergeet van verskille en negatiewe dinge wat tans op almal se tonge is. Al is dit net vir een aand,” sê hy.
As hy saam met enige kunstenaar ter wêreld kan optree? “Ek sal baie graag saam met ’n groot vroulike popster, soos Christina Aguilera, Celine Dion of een van die ander diva’s, ’n duet wil doen.”
En die grootste hoogtepunt tot dusver? “Om saam met Laurika Rauch te kon toer in Australië was sonder twyfel ’n groot hoogtepunt in my lewe.”
Louis Loock tree op 19 September by SuperSkouspel op. Lees meer hier.