Logo

Varsity Sing: Maties sing Toe vind ek jou

Nuus
23 Julie 2016
In die vorige episode van Varsity Sing het Maties se koor die gehoor en beoordelaars met Karen Zoid en Francois van Coke se liedjie “Toe vind ek jou” bekoor.
Varsity Sing
Tydens die tweede episode van Varsity Sing het die eerste drie kore, die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit van Kaapstad, in die eerste uitdunronde by die Hugo Lambrechts-ouditorium in Kaapstad teen mekaar te staan gekom.

Eerste aan die beurt was Maties wat Varsity Sing se gehoor en beoordelaars, asook Varsity Sing se eerste gasbeoordelaar Arno Carstens, bekoor het met Karen Zoid en Francois van Coke se liedjie “Toe vind ek jou”.

Herleef weer die oomblik hier onder:



Kyk Varsity Sing, Donderdae om 20:30.