Logo

Top 20 bied kykie na top-musiekvideo’s

Nuus
15 Maart 2016
Ons begin op 1 April die 20 beste en mees indrukwekkende musiekvideo’s in die Afrikaanse musiekbedryf aftel! Kyk Top 20, vanaf Vrydag 1 April, elke Vrydag om 20:00 op kykNET NOU! en om 21:00 op kykNET.
Top20 Logo Nuus

Ons begin op 1 April die 20 beste en mees indrukwekkende musiekvideo’s in die Afrikaanse musiekbedryf aftel!

Top 20 fokus egter nie net op musiekvideo’s nie, maar ons sal elke week ’n gas in die ateljee verwelkom. Kykers kan boonop uitsien na ’n kykie agter-die-skerms of ’n eksklusiewe blik op die kunstenaar se lewe.

Wat Top 20 nóg meer opwindend (en belangrik, relevant) maak, is dat die kunstenaar se sosiale media ’n integrale deel van die program uitmaak.

Daar sal dus “pop-ups” wees wat kykers gedurende program op die hoogte hou van vertonings en albumvrystellings. Ons mik daarna om nuwe en vars inhoud te bied.

34 top 20 bts 01

34 top 20 bts 02

34 top 20 bts 03

34 top 20 bts 04

34 top 20 bts 05



In die eerste episode, wat afskop op Vrydag 1 April 2016 om 20:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) en om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144), kuier Len Muller in die ateljee.

Ons kuier ook saam met Modder en Bloed se Sean Else en Bok van Blerk en deel Bok se splinternuwe musiekvideo met kykers.

Kyk hier na die voorskou:



Kyk Top 20, vanaf Vrydag 1 April, elke Vrydag om 20:00 op kykNET NOU! en om 21:00 op kykNET.