Logo

Toorbos November in rolprentteaters!

Nuus
07 Oktober 2020
René van Rooyen se verwerking van die bekroonde skrywer Dalene Matthee se 2003 topverkoper roman, Toorbos sal vanaf 13 November 2020 in teaters landswyd te sien wees. ​
KA N E2016#01 Kyknet 1600 600

As betowerende filmiese ervaring, het die vervaardigers en verspreiders gevoel dit is ’n moet om te wag tot gehore weer films op die grootskerm kan beleef.

Met asemrowende beelde en meevoerende kinematografie, is Toorbos - gebaseer op die vierde roman van Dalene Mattee se suksesvolle reeks bosverhale - ’n oorrompelende liefdesdrama. Die film vertel die storie van Karoliena Kapp, ’n vrou met ’n intieme liefde en verbintenis met die bos. Toorbos is vervaardig deur bekroonde rolprentmaker, André Scholtz en seun Dries Scholtz van The Film Factory, onder leiding van draaiboekskrywer en regisseur, René van Rooyen.

Toorbos ondersoek die ontworteling van 'n jong bosvrou in die tyd van die laaste bosbewoners van die Suid Afrikaanse Knysna woude van die 1930s. Dit is die storie van 'n ingewyde 'bosvrou' Karoliena Kapp se intieme verbintenis met die boomhart van die bos. Wanneer sy egter die man van haar drome ontmoet, veroorsaak hierdie einste bekoring ’n liefdesdriehoek wat dreig om haar uitmekaar te skeur wanneer sy moet kies tussen trou en dorp toe trek, of agterbly in die plek waar sy veilig voel. Die besluite wat sy neem, lei tot ’n onvergeetlike avontuur van innerlike konflik, verandering, aanvaarding en, bowenal, liefde.

Ons volg vir Karoliena soos sy verbind word tot 'n huwelik met Johannes Stander, die realiteite van 'n selfgerigte, geldsoekende samelewing en die onderdrukking daarvan, en beleef wat dit vir haar gaan vat om getrou aan haarself te bly.

The Film Factory is aan die stuur van produksie van Toorbos, en die film word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. Die rolverdeling sluit in Elani Dekker, Stiaan Smith, Ira Blanckenberg, Clare Marshall, Ivan Abrahams, Gretschen Ramsden en meer, met Brendan Barnes as kinematograaf.

Toorbos het die toekenning gewen vir die ‘Works in Progress (WIP)’ program by die Kaapstad Internasionale Mark en Rolprentfees (CTIFMF) in 2018. Die film is gekies as een van vyf rolprente uit 54 inskrywings uit 15 Afrikalande. In 2019, is TOORBOS gekies as die sluitingsfilm by die 9de kykNET Silwerskermfees. Toorbos is moontlik gemaak deur die ondersteuning van kykNET, Die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die Departement van Handel en Nywerheid en Filmfinity (Edms) Bpk.

Volg Toorbos op Facebook en Instagram.