Logo

Tien punte vir Cassie – Leah se dagboek

Nuus
28 November 2018
Leah skryf oor haar tyd op Boer Cassie se plaas.
BSV-Cassie-Leah

FOTO: Donna Lewis

 

Liewe Dagboek,

Cassie het regtig álles ingesit om seker te maak die dames het ’n goeie tyd op die plaas. Hy is bang vir seerkry, maar ek kon síén hoe hy uit sy dop kruip.

Ek het nie verwag hy gaan die dames so bederf nie! Hy kry tien uit tien punte vir die unicorn onesies wat hy vir hulle as geskenk gegee het. Die uitstappies was ook ekstra spesiaal en hy het alles goed deurdink.

Die oomblik wat jy op dié boer se plaas, naby Newcastle, aankom, wil jy die Lion King-temalied begin sing – dís hoe mooi die plaas is! Dis ’n baie mooi omgewing en dit was ook warmer hier as op die ander plase.

Ek droom van die grasperk rondom Cassie se plaashuis! Ek hoop ek en my gesin kan ook eendag so onder ’n boom met ’n swaai op ’n mooi, groen grasperk sit. Dis iets wat Cassie se vrou eendag gaan geniet!

Die kamers in die huis is oorgedoen voor die dames se koms. Hulle het die kamers uitgeverf, nuwe beddegoed gekry en goed teen die mure opgesit. Dit was nogal baie indrukwekkend.

Cassie het selfs ’n kaggel in die sitkamer gebou – spesiaal vir Boer Soek ’n Vrou!

Ek is nie eintlik ’n winkelsentrum-mens nie, maar ons was nogal baie by die Newcastle Mall! Ons het altyd ietsie nodig gehad. Ek het een aand gaan kyk hoe lyk dit by die casino, al is ek nie ’n dobbelaar nie, en ons het ’n lekker Chinese eetplek ontdek!

– Leah

Hier is bietjie meer oor die groter omgewing waarin ons boere hulself bevind.

As jy nog nie aan ons kykerskeuse-ervaring deelgeneem het nie, moenie langer wag nie – jy kan ’n middagete saam met Leah en vier mense van jou keuse losslaan!