Logo
web uni tv guide

Bravo!

144GlansjoernaalPG13

Tien dinge wat jy dalk nie van Robbie Kruse geweet het nie

Nuus
28 April 2016
Die Bravo!-aanbieder en Jacaranda FM-omroeper Robbie Kruse het ’n paar interessanthede oor homself met ons gedeel.
Robbie Kruse Tien

Die Bravo!-aanbieder en Jacaranda FM-omroeper Robbie Kruse het ’n paar interessanthede oor homself met ons gedeel.

1. Watter motor ry jy en hoekom hou jy daarvan?
Ek is gelukkig genoeg om my droommotor, ’n Toyota Hilux-bakkie te ry. Ek is in venootskap met Godrich Toyota van Bronkhorstspruit, en het al ’n baie goeie verhouding met hulle opgebou.

2. Koffie of tee?
Tee – tee help vir als!

3. Wat is jou gunsteling-sjokolade?
80%- Lindt-donkersjokolade.

4. Vir watter rugbyspan skree jy?
Die Blou Bulle, natuurlik, as gevolg van Naas Botha en my ouma (die grootste Bulls fan!).

5. Gunsteling- Afrikaanse liedjie?
“Superhero” van Eden.

6. Buiten Bravo! natuurlik, wat is jou gunsteling TV-programme om te kyk?
Ek is mal oor Brooklyn Nine-Nine, asook New Girl, Modern Family en báie sport.

7. As jy die dag kitskos eet, wat is jou gunsteling-wegneemplek?
McDonald’s! Haha, of Steers.

8. Het jy ’n tweede (of derde naam), en indien wel, wat is jou volle name?
Robert Frederick Crowther Kruse.

9. Gunsteling-oefening om te doen?
Swem en waterpolo speel.

10. As jy vandag op ’n vliegtuig kan klim en na enige plek in die wêreld vir vakansie kan vlieg, waar sal dit wees?
Na Ysland, om die Noordelike Ligte te gaan kyk.

Kyk Bravo!, Donderdae om 20:00.