Logo

Talle kykNET-projekte vir Saftas benoem

Nuus
18 Februarie 2016
Elf kykNET-programme, twee kortflieks, een vollengte fliek en een dokumentêre fliek is vandag vir die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiepryse (Saftas) benoem.
Saftas Vlug na Egipte

Elf kykNET-programme, twee kortflieks, een vollengte fliek en een dokumentêre fliek is vandag vir die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiepryse (Saftas) benoem. Die Saftas-pryse gaan op 18 en 20 Maart 2016 toegeken word. Dit sal die 10de keer wees wat ’n Saftas-toekenningsaand plaasvind.

Hier is die benoemings:

Beste speletjiesprogram
Op Die Spel

Beste musiekprogram
Afri-Visie 2015

Beste geselsprogram
Republiek Van Zoid Afrika
Jou Show

Best TV-aanbieder (nie-fiksie)  
Aktualiteit: Riaan Cruywagen vir KN Verslag

Beste opvoedkundige program
Groen Namibië

Beste aktrise in ’n sepie
Brumilda van Rensburg (Binnelanders)

Beste ondersteunende aktrise in ’n sepie
Elize Cawood (Binnelanders)

Beste kostuumontwerp in ’n TV-dramareeks
Mercedes de Bruyn (Terug Na Egipte)
Elka Beukes (Vlug Na Egipte)

Beste kostuumontwerp in ’n TV-sepie
Suné Jansen (Binnelanders)

Beste grimering en haarstilering in ’n TV-dramareeks
Angie Boshoff (Vlug Na Egipte)

Beste kinematografie in ’n TV-dramareeks
Marc Degenaar (Vallei van Sluiers)

Beste kinematografie in ’n sepie
Kobus van Niekerk, Charl Odendaal, Francois Grobler (Binnelanders)

Beste prestasie in klank in ’n TV-dramareeks
Stef Albertyn (Vallei van Sluiers)

Beste prestasie in klankontwerp in ’n sepie
Ben Oelsen (Villa Rosa)
Eric McKechnie, Barry Gillot (Binnelanders)

Beste teks in ’n TV-dramareeks
Johan van Jaarsveld, Louis Pretorius (Vallei van Sluiers)

Beste kortfliek
Nommer 37
Vuil Wasgoed

Beste ondersteunende akteur in ’n vollengte fliek
Marius Weyers (Dis Ek, Anna)

Beste prestasie in kuns- en produksieontwerp in ’n vollengte fliek
Christian Joubert (Dis Ek, Anna)

Beste kostuumontwerp in ’n vollengte fliek
Nerine Pienaar (Dis Ek, Anna)

Beste grimering en haarstilering in ’n vollengte fliek
Julia Rubinstein (Dis Ek, Anna)

Beste kinematografie in ’n vollengte dokumentêre fliek
Richard Gregory (Boere op Die Aardsdrempel)

Beste prestasie in redigering in ’n vollengte dokumentêre fliek
Richard Gregory, Ronelle Loots (Boere op Die Aardsdrempel)

Beste prestasie in klankontwerp in ’n vollengte dokumentêre fliek
Daniel Eppel (Boere op Die Aardsdrempel)

Beste teks in ’n vollengte fliek
Tertius Kapp (Dis Ek, Anna)

Beste regie in ’n vollengte fliek
Sara Blecher (Dis Ek, Anna)

Beste vollengte fliek
Palama Productions (Dis Ek, Anna)

Stem vir jou gunsteling-sepie!

Isibaya – 1
7 de Laan – 2
Ashes to ashes – 3
Binnerlanders – 4
Skeem Saam – 5
SCANDAL! – 6
Rhythm City – 7
Generations The Legacy – 8
Villa Rosa – 9
Isidingo – 10

SMS die kode na 33101 voor 20 Maart 2016 om 21:30 (teen R1,50 per SMS).

Vir die volledige lys van Saftas-benoemings, klik hier.

kykNET het groot gewen in 2015, onder meer vir die reeks Donkerland. Lees meer.