Logo

T.T. Cloete sterf

Nuus
29 Julie 2015
Die immergewilde Afrikaanse digter T.T. Cloete (91) is vroeg vanoggend oorlede.
TT Cloete
Die immergewilde Afrikaanse digter T.T. Cloete (91) is vroeg vanoggend in die Mooimed-hospitaal in Potchefstroom aan natuurlike oorsake oorlede.

Die eNuus-verslaggewer Daniëlla van Heerden het die nuus op Twitter bekend gemaak. Die Noordwes-Universiteit (NWU) het dit glo bevestig.

Cloete was emeritus-hoogleraar van die NWU, bekroonde digter, skrywer, psalmverwerker en het ’n rits akademiese publikasies saamgestel en uitgegee.

Hy het talle pryse, onder meer die Hertzogprys vir poësie en die Andrew Murray-prys (vir die omdigting van psalms), ontvang.

Hy is op 31 Mei 1924 op Vredefort in die Vrystaat gebore. Sy vrou, Anna, aan wie hy van sy werke opgedra het, is in 2007 oorlede.