Logo

Storiefilms in Junie

Nuus
02 Junie 2022
Vier splinternuwe storiefilms maak in Junie hulle debuut op Saterdagaande.
kykNET Storiefilms Image 1600x533

Met groot name soos onder meer Amanda Strydom, Deon Lotz, Vinette Ebrahim, June van Merch, Crystal Donna Roberts en Marguerite van Eeden in die rolverdeling, gaan dit beslis die winterkoue weghou.

Grootste Treffers – 4 Junie om 20:00
’n Selfgesentreerde rapper met die naam Quickstix is geskok wanneer sy ’n lyk – wat baie bekend lyk – in haar sitkamer kry en dit alles oomblikke voor die belangrikste onderhoud van haar lewe moet doen. Met Crystal Donna Roberts, June van Merch, Ilse-Lee van Niekerk, Pascual Wakefield, Wynand Kotzé en Wessel Pretorius. Die regisseur is Carla Smith wat ook die draaiboek geskryf het.

Kyk die lokprent hier onder:




Ovasie – 11 Junie om 20:00
Die veteraan-aktrise Bernadine Laurent-de Léon-Evans wil ’n einde van haar lewe maak – op die verhoog. Haar sepie-vyand, haar nar van ’n eksman en ’n loskop aanhanger probeer haar keer deur vir haar een laaste oomblik in die kollig te gee. Met Amanda Strydom, Vinette Ebrahim en André Odendaal. Die regisseur is Kaz McFadden.

Kyk die lokprent hier onder:




Nagval op Donkerdraai – 18 Junie om 20:00
’n Jong vrou keer terug na haar familieplaas om Kersfees saam met haar wewenaar-pa deur te bring. Haar gesondheid begin agteruitgaan en ’n misterieuse skadu-vrou verskyn aan haar in die nag. Wanneer haar beste vriendin uit haar jeug kom kuier, besef sy daar is groot fout ... Met Deon Lotz en Liza du Plessis. Die regisseur is André Velts.

Kyk die lokprent hier onder:




Skemer – 25 Junie om 20:00
’n Popster wat desperaat op soek is na sy volgende treffer om sy loopbaan te red, span kragte saam met ’n digter om ’n nuwe liedjie te skryf. Met Arno Greeff en Marguerite van Eeden. Die regisseur is Corné Koegelenberg.

Kyk die lokprent hier onder:




Om op hoogte te bly met die storiefilms wat uitsaai op kykNET, volg ons op FacebookTwitter en Instagram. Gebruik ook die hutsmerk #STORIEFILMS en laat weet ons watter film jou gunsteling is.