Logo

Stillewe – Kokkedoor 3

Nuus
17 Augustus 2019
Lees meer.
IMG_6942

In episode 5 van nóg ’n opwindende seisoen van Kokkedoor moes vanjaar se deelnemers pragtige kunswerke skep met verskeie groente geregte. Dié uitdaging het die Kokkedore gedwing om baie beplanning te doen en versigtig te dink aan hoe hul kos uitgebeeld gaan word as ’n geheel. Die beoordelaars het egter hulp gebied aan die kokke deur agt ervare kunstenaars te nooi om elk van die spanne te help met die komposisie van hulle groente-portrette en ook te dien as inspirasie vir die deelnemers. 

Die kokkedore was nie almal beïndruk gewees toe hulle uitvind wat dié week van hul verwag word nie. 

Anmar was egter baie opgewinde oor die feit dat groente die ster moes wees van hierdie week se maaltyd en het selfs bygevoeg dat sy hoendervleis gekry het toe sy die nuus hoor! Mariana het verduidelik dat om slegs met groente ’n maaltyd voor te berei nie iets is waaraan sy gewoond is nie, grootliks te danke aan haar man wat ’n boer is. Sy was ook geskok gewees toe haar spanmaat, SJ, vir haar verduidelik hoeveel verskillende tipes vegetariërs daar is!

Die spandinamika in die kombuis was ook beslis iets gewees om dop te hou. Ralph het bekommered geraak nie net oor sy posisie in sy span nie, maar in die kompetisie as geheel. Hierdie vrees het na vore gekom as gevolg van die feit dat hy teruggestaan het en toegelaat het dat sy spanmaat, Anmar, leiding neem. Anmar het egter sleg gevoel oor dié saak en genoem dat haar geneigdheid om oor te neem in die kombuis soos tweede natuur is weens haar rol as hoof sjef buite die kompetisie. Tippie het ook toegelaat dat Snoes leiding neem vir dié uitdaging, maar het nie omgegee om bevele te vat nie. Pieter en Sonja het in dié episode goed saam gewerk en Pieter het selfs na sy spanmaat verwys as sy ‘moeder-hen’ in die kombuis.

Na ’n lang dag van kook is die Kokkedore se meesterstukke beoordeel beide op smaak en hoe dit vertoon is. Die beoordelaars was algeheel baie beïndruk met die hoeveelheid moeite wat in hul kunswerke gesit is en die kreatiwiteit van vanjaar se Kokkedore. Die kunstenaars was ook teenwoordig en was bly om te sien hoe hul wenke toegepas was en hoe die kokke inspirasie gekry het by die kunswerke wat by hul stasies geplaas is. Baie van die kunstenaars was ook opgewonde om self te proe aan die pragtige maaltye!

Danie en Lientjie se groente-kunswerk was gekies as die wenner en is beskou as ’n fees vir die oog en die mond! Die span se goeie spanwerk en soortgelyke denkwyse rondom dié uitdaging het hulle die wen verdien. As wenners van hierdie episode het hulle elkeen ’n pragtige muurtoneel ter waarde van R13500 as prys gekry, danksy Hertex. 

 

Ongelukkig moes daar ook ’n span wees wie se avontuur in die Kokkedoor-kombuis tot ’n einde moes kom. Die beoordelaars het besluit dat Zelda en Annelize se eindproduk nie genoeg was om hulle in die kompetisie te hou nie en die span is huistoe gestuur. Albei was egter gerus oor die feit dat dit hulle tyd was om die kompetisie te verlaat en het met ’n glimlag die langtafel verlaat. 

Bly ingeskakel en volg die reeks op Facebook, Twitter en Instagram met die hutsmerk #Kokkedoor om te sien wat volgende vir die Kokkedore voorlê!