Hy het diep in ons harte ingekruip sedert sy eerste verskyning in die gange van Binnelanders en nou het hy sy doktersjas vir eers verruil vir die mikrofoon. Ons het met Stefan Ludik gesels oor die groep Elvis se Seun.
In 2012 besluit Ludik, wat grootgeword het op die plaas Genade Land op Aranos in Namibië, om sak en pak Johannesburg toe te trek en sy passie vir musiek uit te leef. ’n Jaar later maak Elvis se Seun hul verskynsel as musiekgroep.
Dié groep bestaan uit vyf lede. “Die kêrel wat die kitaar tokkel is bekend as Die Rooi Mamba, De La Rey speel die baskitaar en banjo, en Roxanne en Joanne doen al die dansbewegings en perkussie op die verhoog,” sê Ludik.
Volgens hom het hy grootgeword met rock ’n roll-musiek, en word sy inspirasie gevind in sy pa se musiek. “Ek luister graag na oldies en trots Afrikaanse musiek.”
Verder sê Ludik: “Afrikaans is my moedertaal en dis hoekom ons ons musiekstyl boere-rock gedoop het”.
Ludik, wat Elvis Junior of Elvis se seun genoem word, is dié groep se hoofsanger. “My heel eerste liedjie wat ek self geskryf het se naam was ‘My lekker-bekkie’ – ek het dié liedjie geskryf vir ’n nooitjie waarna ek vry op Aranos. Haar pa wil glad nie hê ons moet mekaar sien nie omdat hy dink ek is net ’n takhaar-kêreljtie wat musiek maak en nie ’n regte werk het of kan boer nie.
“Ons skryf gereeld vir mekaar en hopelik maak ek eendag baie geld met my musiek dat ek haar pa verkeerd kan bewys en haar kan gaan haal daar in Namibiē…”
Oor Binnelanders sê Ludik dat hy die pret op stel baie mis. “Ons was soos ’n groot familie. Gelukkig het ek nog steeds kontak met almal en kuier gereeld saam.”
Volgens Ludik lê daar egter groot opwinding voor vir Elvis se Seun. Dit sluit onder meer ’n nuwe album en toer in. “Daar wag ’n vuurwarm album, wat hopelik teen Augustus die lig gaan sien – dis beslis van die beste werke wat Elvis se Seun nóg gedoen het.”
Elvis se Seun toer deur Namibië gedurende Julie vanjaar en volgens Ludik kan aanhangers ook binnekort uitsien na ’n Suid-Afrikaanse toer.
Ludik se raad aan voornemende kunstenaar is om die musiekbedryf te betree vir die liefde van die saak. “As dit nie vir jou gaan oor die geld nie, doen voort en geniet…” sê hy. “Dis ’n bumpy ride soos hulle in Ingels sê.”
Kyk hier na Elvis se Seun se musiekvideo vir die liedjie “Wil Jy in My Arms Lê Vanaand”.