Logo

Springbokke deel hul stories

Nuus
26 Maart 2015
In Springbok Stories kry kykers ’n intieme kykie in die lewens van huidige en oud-Springbokke, beide op en van die veld af.

Begin Vrydag 3 April om 17:30

In Springbok Stories kry kykers ’n intieme kykie in die lewens van huidige en oud-Springbokke, beide op en van die veld af. Ons deel die stories agter die stories van groen-en-goud-glorie en vind uit hoe dit voel om vir jou land uit te draf.

Die reeks word hanteer in ’n ligte luim met ’n komiese uitkyk. Die aanbieder, John van Rensburg, gaan besoek aflê by van die gaste se huise om sodoende die gevoel gemaklik te hou. Die gas sal ook herinneringe met die span en kykers kan deel. Die Springbokke deel ook meer oor hul persoonlike lewens.

Kom leer ons helde van nader ken.

34 online banner2