kykNET skop die nuwe jaar af met nuwe episodes van gewilde reekse, sowel as ’n blinknuwe reeks!
Die Boekklub, ’n opwindende nuwe dramareeks, sal vanaf 12 Januarie 2016 op kykNET uitgesaai word. Met groot name soos Jana Cilliers, Armand Aucamp en June van Merch en ’n omvangryke storielyn, beloof dié reeks van 13 episodes om kykers week ná week terug te roep vir nóg ’n hoofstuk. Lees meer.
MegaBoere is ’n landbousakeprogram met ’n persoonlike aanslag. Aanbieder dr. Piet Croucamp stel in elk van die dertien episodes een van die grootste boere in die land aan die kyker voor en vind eerstehands uit wat hulle suksesvol maak. Die reeks ondersoek die grootste landbou-uitdagings en hoor watter oplossings die land se superboere daarvoor bied. Die tweede seisoen van MegaBoere begin op 12 Januarie om 20:00. Lees meer.
Proesstraat is terug vanaf Maandag 4 Januarie 2016 om 21:00 om ons maagspiere behoorlik te laat kielie!
Jak de Priester, aanbieder van Reis na Gister, neem van ons land se bekendes op ’n nostalgiese reis na hul plek van oorsprong. Geboortehuise, speelplekke, aangename koeltes en soms selfs net afgebreekte murasies, is deel van die herinneringe wat opgeroep word. Die vierde seisoen is vanaf 4 Januarie om 20:00 op kykNET te sien. Lees meer.
Karen Zoid is terug met ’n derde seisoen van die gewilde Republiek van Zoid Afrika, vanaf 7 Januarie elke Donderdag om 20:30, met Sandra Prinsloo en Snotkop as haar eerste gaste vir 2016. Zoid het die hele land aan die gons gehad met niks minder nie as 10 nommereen-treffers op iTunes gedurende die uitsending van die vorige reeks. Die CD met al die musiek uit die reeks het binne 5 weke na uitsending goud gegaan. Lees meer.
Sterlopers ontbloot die opwindende versmelting van die twee sye van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf – die swierige hoofwegte en die donker stegies op die pad na roem. Die tweede seisoen van Sterlopers is vanaf 6 Januarie om 21:00 op die kassie. Lees meer.
Kyk hier na ’n voorskou van wat voorlê in Januarie: