Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

‘Soms voel ek ek wil soos Abigail wees’ – Arendsvlei

Nuus
08 Augustus 2023
Ontmoet die jong vrou agter die bitsige "Abigail" – die leerder wat vir juffrou Beatrice in Arendsvlei mal maak.
Talia Davis

Sy laat vir Beatrice Cupido, die skoolhoof van Hoërskool Arendsvlei, met hande in haar hare sit.

Abigail se hoofstuk in Arendsvlei het begin toe haar ma laat weet dat sy "undercover" werk moes doen en dat Abigail nou haar pa, Clint, se verantwoordelikheid is. Clint is Beatrice sy kêrel; hy het saam met Beatrice uitgevind dat hy 'n dogter het – na al die jare.

Kykers het hulle mond uitgespoel oor Abigail: Hulle noem haar “onbeskof” en “Miss Attitude” en hulle glo sy het iemand nodig het om haar so ‘n bietjie vas te vat.

Talia Davis vertolk die rol van die rebelse tiener, Abigail.

 

Hier is meer oor Talia en Abigail:

Beskryf jou karakter op Arendsvlei.

Abigail is 'n 16-jarige meisiekind wat by haar ouma in Worcester grootgeword het. Sy is soos hulle sê 'n oumakind. Haar ma is 'n “undercover cop” wat nou en dan 'n draai maak (in haar lewe). Haar pa ken sy glad nie. Sy voel dat sy nie 'n prioriteit vir enigiemand is nie. So, in stede van kwaad raak, raak sy sarkasties.

Sy het soort van 'n "devil may care" attitude, maar sy is ook eensaam. Sy voel dis sy teen die wêreld. Haar ouma was die enigste een wat rêrig omgegee het vir haar. Noudat haar ouma oorlede is, voel sy soos 'n rugbybal wat rondgeskop word. Sy raak betrokke met verkeerde vriende en smag daarna om iewers te behoort. Abigail is rebellies en soort van 'n probleemkind.

 

Vertel meer van jouself. Waar kom jy vandaan, hoe het jy in die vermaakwêreld beland en hoe het jy die rol in Arendsvlei gekry?

Ek is 22 jaar oud. Ek is van Kuilsrivier, ek het 'n broer en 'n suster. Ek het my pa verloor toe ek in matriek (2018) was. My ma is my nommer een ondersteuner, my yster.  Ek was 'n baie skaam kind, het geen selfvertroue gehad nie, toe besluit my ma sy moet my na 'n dramaskool toe stuur sodat ek uit my dop kon kruip.

Van die ouderdom van vyf jaar tot 14 jaar was ek by Helen O' Grady Drama Academy. Ek was ook by hulle talent agentskap. Op die ouderdom van 13 het ek vir oudisie gegaan vir 'n kortfilm vir kykNET en ek het die rol gekry.

Ek wou nog altyd 'n aktrise word en in 2017 (graad 11) het ons 'n taak gekry om te gaan "job shadow" vir ons se toekomstige loopbane. Ek het aansoek gedoen by Suidooster vir die "job shadowing" en dit toe daar gedoen. Dit was baie interessant.

 

In 2018 het ek gematrikuleer by Gardens Commercial High School. Daarna het ek Film and Video Technology by Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gaan studeer. Die rede waarom ek daai kursus gedoen het, was omdat ek gevoel het ek het alreeds kennis opgedoen van akteurswerk en het "professional acting" gedoen vir TV, so ek wou leer van wat agter die skerms gebeur.

In my derde jaar (2021) moes ek "internship" doen en het toe by Suidooster Films aansoek gedoen. Ek het so gebid dat ek dit kry want ek het nêrens anders aansoek gedoen nie. Gelukkig het ek toe al voorheen met akteurs soos Jill Levenberg en Cedwyn Joel gewerk, toe kry ek die internship daar en die vervaardiger maak toe 'n rol beskikbaar vir my in Suidooster.

Toe ek heeltemal klaar was met my studies, besluit ek om 'n agent te kry. Dit het nie lank geneem nie; ek is toe aangestel by Bluestar Management. Dit was altyd een van my drome om in Arendsvlei te wees. Ek het alles ingesit vir die oudisie. Twee weke later kry ek die nuus dat ek Abigail gaan speel. Ek, my ma, my suster en my broer het op en af gespring van blydskap daai dag. Ek kon nie wag om te begin nie.

 

Vertel ons in watter bekende produksies, of dit op TV was of teater waarvan jy al deel van was.

Op die ourderdom van 13 (2014) was ek in n kortfilm vir kykNET Ons Stories "As Ek Huis Toe Kom" saam met Jill Levenberg wat my ma gespeel het, Cedwyn Joel, Hein de Vries, ensovoorts. Ek het tien-jarige Alison gespeel, dit was my eerste professionele rol en ek het myself baie geniet met die ouer akteurs. Dit was geskiet deur Gambit Films.

In 2021 het ek die rol van Veronique in Suidooster gespeel vir drie maande. Dit was “nice” om weer met Jill Levenberg op een stel te wees. Sy is ook my mentor en as ek enige “coaching” nodig het is sy altyd daar vir my. 

In Mei 2022 is ek twee weke Robertson toe om die movie Old Righteous Blues te gaan skiet saam Euodia Samson en Kevin Smith. Dit sal hierdie maand by die Silwerskermfees speel.

 

Wat hou jy van jou karakter? Het julle enige raakpunte?

Toe ek die “script” lees, was ek baie opgewonde om Abigail te speel, omdat dit 'n uitdaging vir my was; ek is die teenoorgestelde van die karakter. Ek hou van haar “sassy attitude”, haar sarkasme en hoe sy nie omgee oor wat ander mense dink nie. Soms voel ek ek wil soos Abigail wees, “neverminded, not a care in the world”, sy sê haar sê en klaar. 

Ons is albei “feisty”, so dis maklik vir my om dit in Abigail uit te bring. My ouma is ook nou kort oorlede so ek kan “relate”, want ek was baie lief vir haar. Soos Abigail, het ek ook nie eintlik vriende nie. My suster is my beste vriendin. Ek maak nou eers regtig vriende.

 

Wat is jou stokperdjies of waarmee hou jy jouself besig buiten akteurswerk?

Ek speel graag “video games” met my broer, kyk “movies”, veral Horror (ek sal graag eendag in 'n “Horror movie” wil wees). Ek hou ook van stories skryf, swem en musiek luister veral “Hip Hop”.

Ek hou ook van 'n lekker bord gekookte kos.

Wat geniet jy van Arendsvlei, en is daar 'n oomblik agter die skerms op die Arendsvlei-stel wat uitgestaan het vir jou?

Ek hou van alles. Ek is nie 'n roker nie en die eerste dag toe ek moes rook vir 'n toneel moes een van die rokers van die kunsdepartment elke keer die sigaret kort rook en vir my gee as ons 'n “take” vat. My oë het omtrent getraan; ek het vir myself gelag.

 

Met die toneel waar Abigail dronk is, het die regisseur my in die rondte gedraai sodat ek bietjie van balans kan wees; dit het baie gehelp.

Ek en Jolene Martin werk baie lekker saam en sal altyd mekaar komplimenteer na ’n toneel. Sy is 'n baie lieflike mens.

Arendsvlei is Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145). Gesels gerus aanlyn op Facebook, Twitter en Instagram en onthou om die hutsmerk #Arendsvlei te gebruik.