Die voor-vervaardiging van Vaselinetjie, gegrond op Anoeschka von Meck se gelyknamige jeugboek, is in volle swang.
Die filmspan spring eersdaags weg met ’n soektog na akteurs om die hoofkarakters op die silwerdoek te laat herleef.
Von Meck het verskeie pryse vir haar roman ontvang. Vaselinetjie volg die grootwordjare van Vaselinetjie (Helena) Bosman wat in ’n weeshuis beland omdat sy wit is, maar deur kleurling-grootouers grootgemaak is.
Daar moet sy haar naïwe self verloor om haar eie oorlewing te verseker. Dis wanneer Vaselinetjie verlief raak op ‘Texan Kirby’, ’n aantreklike en vurige kinderhuisseun, dat een van haar grootste uitdagings aangespreek word: die waarheid oor haar herkoms.
Ons nooi alle dogters tussen die ouderdomme van 7 – 22 jaar na die oudisies, asook seuns tussen die ouderdomme van 10 – 13 jaar en 16 – 22 jaar (wat lig van gelaat is en donker hare het).
Die oudisies is soos volg:
Johannesburg: 16, 17 en 18 Feburarie 2016
Plek: The Film Factory, Northcliff Atrium, 189 Beyers Naudé Rylaan, Northcliff
Kaapstad: 26 en 27 Februarie 2016
Noord-Kaap
Upington: 1 Maart 2016
Springbok: 2 Maart 2016
Calvinia: 3 Maart 2016
Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected]. Besoek ook die fliek se Facebook-blad en volg die hutsmerk #VaselinetjieSoektog vir die jongste nuus.