Logo

Slank: Ontmoet die deelnemers

Nuus
06 Oktober 2016
Die eerste seisoen van Slank, met aanbieder Leandie du Randt, skop 9 Oktober om 19:30 af. Ontmoet die 14 deelnemers hier.
Slank_Cara Oosthuizen
Profiel 1:
Cobus Fourie (49) sien altyd ’n ding end uit. Hy is ’n voertuigvloot-onderhoudbestuurder vir die vloot en woon in Kempton Park saam sy vrou en vier kinders. Naweke ontspan hy graag saam met sy familie en hy verkies die bosveld vir vakansies. Dit kan selfs enige plek in die natuur wees, solank hy kan jag, kamp of hengel.

34 slank cobus fourie


Profiel 2:
Yolandé Crous (37) is mal oor haar werk as ’n PA vir ’n IT-bestuurder. Naweke neem sy en haar dogters aan Park Run-wedlope deel. Anders hardloop sy en ’n vriendin ’n 10km-padwedloop voor die kinders se aktiwiteite oorneem. Yolandé werk baie goed onder druk en probeer soveel as moontlik tyd in die son spandeer.

34 slank yolande crous


Profiel 3:
Jo-Anne Viljoen (31) speel graag tennis of ry fiets saam met haar kinders om te ontspan. Naweke ondersteun sy haar man langs die krieketveld, of spandeer tyd in die natuur saam met familie en vriende. Haar ideale naweek is saam met mense vir wie sy lief is. Sy is ’n PA vir die Besturende Direkteur van ’n maatskappy en in beheer van menslike hulpbronne.

34 slank jo anne viljoen 1


Profiel 4:
Lindi Spies (36), ’n krediteure klerk, is vriendelik en besorg oor haar medemens. Haar gesin hou daarvan om naweke saam te spandeer. Hulle gaan stap saam of speel met die honde. Vakansies in die wildtuin of by die see is vir hulle die lekkerste.

34 slank lindi spies


Profiel 5:
Thea da Silva (50) woon nog haar hele lewe in Blou Bulland, Pretoria. Sy en haar man is al 26 jaar getroud met twee seuns, twee pragtige skoondogters en een wonderlike kleinkind. Sy reël graag naweke weg saam met vriende en familie. In haar vrye tyd werk sy vir KANSA en help hulle om fondsinsamelings te reël.

34 slank tea de silva


Profiel 6:
Ronel Tol (45) se passie is mense, en as ’n diensverhoudingbestuurder kry sy baie geleentheid om haar passie uit te leef. Sy is versot op die buitelug en van kleins af het hulle met die karavaan gaan kamp – dit is maar nog steeds in haar bloed. Naweke scrapbook sy graag saam met vriendinne, neem foto’s of speel ’n rondte gholf saam met haar gesin.

34 slank ronel tol


Profiel 7:
Sonelle van Eyssen (30) is ’n juwelier wat metaaljuwele ontwerp. Sy hou daarvan om met haar hande te werk en geniet alles van kralewerk tot houtwerk. Haar gunsteling vakansie is natuurlik altyd ’n seevakansie waar mens rus, sonbruin, kuier, swem, braai, eet en vis vang en vir drie weke nie in die verkeer sit nie! Sy is lief vir slaap en om tyd saam haar man en familie te spandeer.

34 slank sonelle van eyssen


Profiel 8:
Niki Fourie glo jy moet mense altyd spesiaal laat voel. Haar stokperdjies verander gereeld, want sy hou van nuwe uitdagings. Sy glo die lewe is te kort en moet met soveel as moontlik entoesiasme geleef word. Sy is bietjie van ’n adrenalien-verslaafde en haar gunsteling tipe vakansie is by die see waar haar kinders kan baljaar in die golwe en sy haar tone kan krul in die sand!

34 slank niki fourie


Profiel 9:
Eliza Ras (49) is lief vir diere en die wildtuin. Die tevredenheid van mense/diere is vir haar belangrik. Dit is hoekom sy as ’n dog groomer, 'n areabestuurder, ’n menseontwikkelingsbestuurder en in menslike hulpbronne werk. Haar familie is haar alles en oor naweke kuier hulle graag saam terwyl hulle sport kyk.

34 slank elize ras


Profiel 10:
Aline Venter (37) woon in Northcliff, Johannesburg saam haar skoolliefde en hulle twee kinders. Sy is in beheer van opleiding en ontwikkeling vir een van die grootste salon groepe in die land. Uitstappies is groot in hulle gesin en hulle is versot op flieks kyk.

34 slank aline venter


Profiel 11:
Gerhard van Eyssen (35) hou van gholf, visvang en jag. Naweke werk hy graag aan die huis en tuin en braai saam met sy familie of vriende. Hy is ’n netwerk-ingenieur. Sy gunsteling vakansie is in die Weskus en in Waenhuiskrans. Dit is baie lekker om daar in die see vis te vang.

34 slank gerhard van eyssen


Profiel 12:
Carol Herbst (43) woon in Brooklyn, Pretoria saam met haar man en twee kinders. Carol is versot op reis, kamp, staproetes en die restoureer van ou meubels. Sy is ’n rekeningebestuurder in die houtbedryf en het ’n goeie oog vir ontwerp. Gee vir haar ’n seevakansie enige tyd van die jaar.

34 slank carol herbst


Profiel 13:
Roan Koekemoer (26) is ’n produksiebestuurder in die vervaardigingsbedryf. Naweke kamp hulle gesin graag iewers waar hy kan hengel. Hulle hou graag vakansie aan die Noordkus. Familie is baie belangrik en wanneer hulle die geleentheid kry, braai en kuier hulle almal graag saam.

34 slank roan koekemoer


Profiel 14:
Cara-Ursula Oosterhuis (22) is ’n onderwyseres by ’n privaatskool in Soshanguve en sy is baie lief vir haar kinders. Om te ontspan spandeer sy tyd saam met vriende en familie. Sy is ook baie lief vir die natuur – sit haar in die bos en sy is op haar gelukkigste. Sy wil graag mense help en ’n glimlag op hul gesigte los. Naweke gaan soek sy en haar man altyd ’n avontuur.

34 slank cara oosthuizen


Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.