Logo

Slank: Niki Fourie

Nuus
17 Oktober 2016
Ons het met die tweede deelnemer, Niki Fourie, gesels oor haar ervaring op Slank.
Slank Niki Fourie After
Ons het met die tweede deelnemer, Niki Fourie, gesels oor haar ervaring op Slank:

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?


Met nuutgevonde selfvertroue kyk ek die lewe vierkantig in die oë en sien uit na nuwe uitdagings. Ek is in beheer van my nuwe leefstyl. My spysvertering, vel en geestelike gesondheid het verbeter. Ek voel fantasties! Ek het soveel energie en het weer lus vir die lewe!

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?

’n Vriend het vir my gesê ek is ’n inspirasie en het ook met Slender Wonder begin vir fenominale resultate. Vir die eerste keer in 16 jaar kan ek weer 8-10 grootte klere koop!

My dogter van 9 voer ook ’n innerlike en uiterlike stryd met haar gewig. Sy het uit haar eie gevra sy wil gesonder eet en ook beter voel oor haarself. Dit was ’n hoogtepunt vir my, want ek was ’n gesonde rolmodel deur my voorbeeld van “gesond eet, want dit is lekker”, en só het dit ’n verskil in haar denkwyse en lewe gemaak.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?


Dis vreemd en soms ongemaklik wanneer mense heeltyd kommentaar lewer oor jou liggaam en gewigsverlies.

Soos die vette gesmelt het, het ’n bietjie oortollige velle om my maag en arms agtergebly. ’n “Sixpack” kom mos nie vanself nie! Ek het besef dat om geduldig te wees en met oefening sal dit iets van die verlede word!

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?


“You must make a choice, to take a chance, to make a change”.

Verandering is moeilik, self al is dit ’n gesonde verandering. Wanneer jy voel jy wil moed opgee, onthou al die redes waarom jy die verandering wou maak.

Beplanning sal verseker dat jy makliker versoeking kan weerstaan. Ons almal handhaaf ’n besige leefstyl, dus wanneer jy na ’n lang dag by die werk by die huis kom, is jy soms rasend honger en staan ’n groter risiko om nie by jou eetplan te hou nie. Maak maaltye vooruit – dit mag dalk bietjie meer tyd neem op ’n naweek, maar dan hoef jy nie te kook in die week nie en weet só dat jy makliker die pad na ’n gesonder leefstyl stap.

Moenie jouself met ander vergelyk nie.

Onthou, jy is nie alleen nie! Daar is fantastiese Slender Wonder-dokters en ’n Slender Wonder-gemeenskap op sosiale media waar ons mekaar aanspoor, ondersteun en prys.

Lees meer oor die eerste deelnemer, Jo-Anne Viljoen, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.