Logo

Slank: Jo-Anne Viljoen

Nuus
11 Oktober 2016
Ons het met die eerste deelnemer, Jo-Anne Viljoen, gesels oor haar ervaring op Slank.
Slank_Jo_Anne

Ons het met die eerste deelnemer, Jo-Anne Viljoen, gesels oor haar ervaring op Slank:

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?
Ek sou sê ek het geleer dat mens lekker kos kan maak sonder dat dit ongesond hoef te wees, en dat mens soms eet agter die lekker aan en nie omdat jy honger is nie.


Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?
Ek het soveel meer selfvertroue en ek is meer gemaklik met myself. Ek het baie meer energie en doen goed met baie minder moeite. Klere koop is baie makliker, want mens lyk goed in baie meer.

’n Hoogtepunt vir my was ook om elke week gemakliker te voel en daardie kilogramme van die skaal te sien afval – ook natuurlik as jy jou ou klere begin aantrek en dit pas weer na al die jare.

Al die komplimente, en dan ook die mense wat saam met jou op die program is – om in hulle journeys te kon deel en die ondersteuning wat hulle vir my gegee het was amazing. Dit is vriende vir ’n leeftyd, vriende wat mekaar ontmoet, almal op hul slegste lyk en laagste was, en mekaar opgebou en ondersteun het.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?
My laagtepunte sou wees daardie dae wanneer jy af is en net ietsie lekker wil eet, of as jy weet jy het gewig verloor maar jou kop met jou smokkel en jy voel of jy nêrens kom nie.

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?
Maak daardie besluit en verander jou mindset. Sien dit as ’n leefstyl-verandering en nie ’n diëet nie. Om ’n gesonder en langer lewe te kan hê saam met jou familie en vriende vat opofferings, maar die eindresultaat is 100% die moeite werd.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.