Logo

Slank: Cobus Fourie

Nuus
24 Oktober 2016
Ons het met die derde deelnemer, Cobus Fourie, gesels oor sy ervaring op Slank.
Slank 4

Ons het met die derde deelnemer, Cobus Fourie, gesels oor sy ervaring op Slank:

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?


Ek het baie meer selfvertroue, is nie meer skaam oor my voorkoms nie, en voel nie meer asof niemand my raaksien nie. Ek het verhoogde energievlakke en my lewensuitkyk is meer positief.

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?

Die inweegsessies, want almal ondersteun jou en wil weet om die regte rede – en dit is om in jou joy te deel.

Om klere te kan koop in die normal section en nie meer in die large section nie.

As daai skaal sê jy het verloor!

En seker die belangrikste: Daai gevoel van maer vóél. As jy nog altyd maer was, sal jy nie verstaan nie, maar – glo my – jy voel maer.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?


Negatiewe opmerkings of vrae soos “sal jy dit vir altyd kan volhou?” en “wat as jy nie meer die produk gebruik nie?”

Mense wat jou nuutgevonde geluk as ’n bedreiging ervaar!

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?


Wees sterk in geloof.

Sluit negatiewe mense en mense met verkeerde motiewe by jou journey uit, want hulle het nie jou belange op die hart nie.

Take the plunge en reap the benefits!

Moenie die protokol verander nie; dit is deur professionals opgestel en dit werk!

Jy kan as jy regtig wil en jy sal suksevol wees – glo net en vertrou net in jou eie vermoë.

Lees meer oor die tweede deelnemer, Niki Fourie, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.