Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Skoolwerk – Prontuit

Nuus
09 September 2020
In vandeesweek se episode van Prontuit, het Kabous Meiring en die span meer gaan uitvind oor die stand van onderwys in Suid-Afrika tydens die COVID-19 pandemie.
Prontuit Skoolwerk Article Image

Met die aanvang van die inperking was onderwys – leerlinge en onderwysers – ‘n brandpunt in Suid-Afrika, maar ook wêreldwyd. Nou het leerlinge meer as 5 maande se onderrig verloor. Terwyl onderwysers bitter besorg is oor leerlinge en baie moeite gedoen het om leerlinge op datum met die kurrikulum te hou, is talle onderwysers ouer en in die hoër-risikogroep vir infeksie.  Hoe het dit die onderrig-medium verander?

Terwyl die inperking ons almal op verskeie maniere geraak het, het dit ook ‘n massiewe invloed op onderwysers en leerlinge gehad wat skielik op ander maniere moes begin skoolhou. Hoe het dit die onderwysers geraak?

Maar een feit is verseker: ons onderwysers en leerlinge ken nie van moed opgee nie! Die verandering in die skooljaar weens die inperking, het meegebring dat onderwysers nuwe en innoverende maniere moes kry om leerlinge akademies op hoogte te hou.  

Onthou om elke Maandagaand, 21:00 in te skakel vir Prontuit op kykNET (DStv kanaal 144) vir aktuele kwessies wat ons almal raak.