Logo

Silwerskermfees-kortfliek: almon, henry

Nuus
04 April 2015
‘almon, henry’ het by die kykNET Silwerskermfees gedraai, en is in April ook op die kassie.
Almon Henry

almon, henry het by die kykNET Silwerskermfees gedraai, en is in April ook op die kassie.

Saterdag 4 April om 21:00

almon, henry

Drama

Met: Nataniël, Armand Aucamp, Renée Conradie, Joseph Clark en Elzette Maarschalk

Draaiboek: Nataniël

Vervaardiger/Produksie-ontwerper: Berdene du Toit

Regisseur, kinematograaf en redigeerder: Jan-Hendrik Burger

Wanneer Henry se ouers met vakansie vertrek, pas hy hulle huis langs ’n digte woud op. Terwyl hy een aand op die stoep sit en rook, hoor hy ’n stem vanuit die donker. Met nadere ondersoek, merk hy ’n geheimsinnige figuur tussen die bome op. Nog voordat Henry kan uitmaak presies wie en wat dit is, verdwyn die figuur die nag in. Onseker of dit sy verbeelding was, probeer Henry uitvind wie die gesluierde wese is, maar die enigste ander persoon wat in die nabyheid woon, ontken die bestaan van so iemand. Die geheimsinnige figuur begin die jongman snags dophou en uiteindelik word hulle lewens deur een onbesonne daad verweef.