Logo

Romantiese wegbreek – Boer soek ’n vrou

Nuus
31 Maart 2022
Die paartjies het hierdie week die geleentheid gehad om die skoonheid van die Tankwa Karoo te verken en meer alleentyd saam te spandeer.
Screenshot 2022 03 31 at 12

Johan en Arina

Dié twee het met ‘quad bikes’ deur die reservaat tussen al die wilde diere gery. Arina was baie bly om te sien dat Johan ‘game’ is vir aktiwiteite soos hierdie en noem ook dat hulle albei op hul gemak is in die natuur. Johan en Arina het ook beide erken dat hulle nou eksklusief is!

“Ons is regtig baie gemaklik met mekaar, van die begin af.” – Arina

Petré en Lourize

Hierdie paartjie het nie albei dieselfde gevoel toe hulle uitvind dat perdry op die dag se agenda was nie! Lourize het haarself ‘dood geskrik’ toe sy die perde sien en was op haar senuwees om hierdie aktiwiteit aan te pak, maar met Petré se hulp het alles glad verloop. Petré het vir Lourize gemaklik laat voel oor die staptog en homself ‘gate uit geniet’.

“Hoe meer ek sien, hoe meer wil ek van haar hê.” – Petré

Nelis en Esmerélda

Nelis en Esmerélda het die Karoo gaan verken op e-bikes. Nelis wou hierdie aktiwiteit aanpak vandat hy die fietse gesien het en was baie opgewonde om te sien wat hierdie ‘cool speelding’ kan doen. Hy het tog ook sy oog gehou op Esmerélda om seker te maak sy kom reg en albei het die pragtige omgewing ten volle geniet.

“Dit gaan vir my baie lekker wees wanneer hy my vra om sy meisie te wees.” – Esmerélda

Tyson en Alri

Hierdie twee kon gaan toer deur die Inverdoorn Privaat Wildreservaat en die diere van so naby as moontlik gesien. Die toer het ook geëindig met ’n piekniek waar renosters nie vêr van hulle af rondgeloop het nie!

“Goeie vriende hou nie hande vas nie.” – Alri

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.