Logo

Toe was daar twee – Boer soek ’n vrou

Nuus
24 Februarie 2022
Die boere moes vanaand elkeen die moeilike keuse maak om een van die dames huis toe te stuur.
Screenshot 2022 02 24 at 10

Boer Petré

Petré het besluit om vir Eloise huis toe te stuur en het genoem dat hy voel sy net te rustig is vir hom. Eloise glo dat almal se pad na liefde reeds beplan is en besef dat sy moontlik haarself meer oop moet maak vir liefde na hierdie ervaring op die plaas.

Boer Nelis

Met reën en donderweer in die agtergrond het Nelis besluit dat Steffeni nie langer gaan kuier op die plaas nie. Die besluit was nie maklik nie, maar Nelis glo dit is die regte besluit vir hom sowel as vir Steffeni. Steffeni was verlig na die besluit en wens die oorblywende twee dames net voorspoed toe.

Boer Tyson

Voordat Tyson ’n besluit kon maak het Chantelle genoem dat sy die plaas wil verlaat omdat sy net nie voel dat daar ’n toekoms is vir haar en Tyson nie. Dié nuus het Tyson sowel as die ander twee dames omkant gevang, maar Tyson het vir die oorblywende twee dames gerusgestel oor die pad voorentoe.

Boer Willem

Willem het vanaand vir Nicolene gegroet en vooraf vir Marciel genoem dat die besluit vir hom maklik is omdat hy voel hy nie geneog van haar persoonlikheid kon sien op die plaas nie. Nicky was nie verbaas oor die besluit nie en voel dat Willem die regte besluit gemaak het. 

Boer Johan

Johan het dit duidelik gemaak dat die besluit om vir Chanzé huis toe te stuur glad nie maklik was nie. Chanzé was emosioneel nadat Johan sy keuse gemaak het, maar glo dat sy haar pasmaat sal vind. 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Boer Soek 'n Vrou en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.