Logo

Reynard se Kersfees-in-my-mond-koek

Nuus
26 Junie 2018
Kyk met watter opwindende nuutskepping het Reynard Slabbert vorendag gekom.
Reynard Slabbert

Foto verskaf

Julle almal onthou seker daardie toneel uit die Amerikaanse sitkom Friends waar Rachel probeer het om ’n Engelse-trifle aanmekaar te slaan. Ross was nie baie gelukkig met die uitkoms nie en het ewe komieklik opgemerk dat dit soos voete proe. Die selferkende foodie Joey het egter ’n ander opinie gehad:

Wat presies was in Rachel se omstrede trifle wat sulke verskillende reaksies ontlok het? Die lys is as volg: lady fingers, konfyt, beesvleis met ertjies en uie, vla, piesangs en geklopte room.

Dis egter nie net Rachel wat met nuutskeppings in haar vrye tyd vorendag nie. Tydens dié seisoen van Koekedoortjie, het die jong bakkers ook ’n koek opgetower met vreemde bestanddele soos kardemom, salty cracks, vars borrie en chai-tee. 

Ons het by Mense Mense-akteur Reynard Slabbert gaan inloer en hom gevra waarmee hy vorendag sou kom indien die realiteit nie ’n rol gespeel het nie. Hy het die uitdaging met albei hande aangegryp en sy nuutskepping Kersfees-in-my-mond-koek gedoop omdat dit vir hom die gevoel van familie gee.

Hier is die bestanddele wat sy lysie gehaal het:

1. Basis van die koek: gebakte aartappels, fyngedruk onder in die koekpan. Dit laat hom aan sy broer dink. 

2. Gebakte skaapblad in skerwe gesny, met baie vet. Dit laat hom aan sy ouma dink. 

3. Frosting: soetpatats met baie botter en suiker. Dit laat hom aan sy ma dink.

4. Marshmallows, omdat dit vrek lekker is. Bak die hele koek vir 10 minute tot die marshmallows bruin is.

5. Bedien met ’n lekker glas rooiwyn. Dit laat hom aan sy pa dink.

LEER KEN REYNARD SE MENSE MENSE-KARAKTER VAN NADER HIER

Moenie ’n oomblik van die opwinding in die winterwonderland misloop nie. Skakel Woensdae om 20:00 in op DStv-kanaal 144 vir Koekedoortjie. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Koekedoortjie.