Logo

Randall Wicomb verloor stryd teen kanker

Nuus
27 Desember 2015
Die sanger Randall Wicomb is Sondagoggend op die ouderdom van 66 na ’n lang stryd teen kanker oorlede.
Screen Shot 2015-12-27 at 7.45.59 PM

Die sanger Randall Wicomb is Sondagoggend op die ouderdom van 66 na ’n lang stryd teen kanker oorlede.

Wicomb is bekend vir treffers soos Die Rooi Rok, Hie Neffens My en Die Griekwaspalms

In 2013 is Wicomb gediagnoseer met prostaatkanker. Hy word oorleef deur sy naaste familie, sy eksvrou en sy drie kinders, Pierre-Henri, Saskie en Kobá.

Vroeër vanjaar het Wicomb en Dawie Roodt kykers verras met ’n samestelling van Al lê die berge nog so blou.

Kyk die video hier onder: