Logo

Prontuit praat oor Rhodes, Kruger en Botha

Nuus
09 April 2015
Die afgelope paar weke word daar baie gedebatteer oor die rol van geskiedkundige standbeelde in Suid-Afrika.

Vandeesweek was die eerste episode van Prontuit in sy nuwe formaat. Aanbieder Kabous Meiring het gesels met Myrtle Witbooi, stigter en hoof van die Suid-Afrikaanse Huis-en-dienswerkersvakbond (Sadsawu), prof. Fransjohan Pretorius, geskiedkundige van Tukkies, en David du Preez van die Johannesburg Urban Cyclists Association.

Die afgelope paar weke word daar baie gedebatteer oor die rol van geskiedkundige standbeelde in Suid-Afrika, met die Universiteit van Kaapstad wat ingestem het om die standbeeld van Cecil John Rhodes van sy kampus te verwyder, en die beeld van Paul Kruger in Pretoria wat vol verf gegooi is.

Een van die beelde wat nou onder die loep kom, is dié van die staatsman Louis Botha. Pretorius was in die ateljee om Botha se geskiedenis en politiek te verduidelik en te vertel wie hy nou eintlik was.

Pretorius se uitgangspunt is dat ope gesprekvoering tussen Suid-Afrikaners belangrik is en dat wit Suid-Afrikaners hul swart landgenote se pyn en woede moet erken en aanspreek. Hy meen egter dat die standbeelde moet bly waar hulle is.

Kyk na ’n eksklusiewe agter-die-skerms-video om meer uit te vind.