Logo

Pas of pak jou tas – Boer Willem – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
21 November 2019
Boer Willem se gekose pasmaats het nou op die plaas gearriveer en daar is hope opgewondenheid wat in die lug hang.
4

Al drie die moontlike pasmaats is lewenslustig en lief daarvoor om ’n grappie te maak, daarom lê daar ’n paar moeilike besluite vir Boer Willem oor om te maak. Dié keuses gaan al hoe moeiliker raak hoe meer die boer elke pasmaat beter leer ken en al hoe meer alleen-tyd saam spandeer.

Kom ons kyk of ons Boer Willem se moeilike keuse so bietjie kan vergemaklik:

LEES OOK HIERDIE

Sanel:

Dié energieke, avontuurlustige onderwysstudent van die Noord-Wes, is mal oor Boer Willem se "aitsa", aksent, sy lewenslus, sy hond en kuiltjies." Sanel staan altyd reg met ‘n grappie en ‘n vlymskerp antwoord!

MAAK KENNIS MET SANEL

Jhelizé:

Dié skaam en oulike forensiese ouditeur is vinnig besig om in almal se harte in te kruip met haar opregte persoonlikheid. Wanneer sy nie besig is om te werk nie, geniet sy dit om te dans en om perd te ry. Wat vir haar uitstaan in Willem is sy sterk persoonlikheid.

MAAK KENNIS MET JHELIZÉ

Carissa:

Dié paralegal, wat van die Vrystaat afkom, hou daarvan om in haar vrye tyd te bak en om tyd saam met vriende en familie te spandeer. Willem het haar oog in sy video gevang met "die vonkel in sy oë, die opgewondenheid in sy stem en die huppel in sy stap wanneer hy reageer oor iets wat sy hart aanraak." 

MAAK KENNIS MET CARISSA

Ons kan nie wag om elke Donderdagaand om 20:00 die liefdes-reis saam met Willem verder te ervaar nie. Sterkte met jou keuses Willem!

As jy deel van die gesprek wil wees, gebruik die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram.