Al drie die moontlike pasmaats is lewenslustig en lief daarvoor om ’n grappie te maak, daarom lê daar ’n paar moeilike besluite vir Boer Hentie oor om te maak. Dié keuses gaan al hoe moeiliker raak hoe meer die boer elke pasmaat beter leer ken en al hoe meer alleen-tyd saam spandeer.
Kom ons kyk of ons Boer Hentie se moeilike keuse so bietjie kan vergemaklik:
Des:
Dié senior administrateur van die Wes-Kaap is mal daaroor om tyd by die see te spandeer, rustige aande met vriende en familie en om na musiek te luister en te dans. Sy hou van Hentie se geduldige geaardheid.
Hantie:
Dié boedelberedderaar van Gauteng is mal oor oefening, die natuur en reis. Wat haar aantrek tot Hentie, is "sy sagte geaardheid en hoe hy omgee. Hy het ook die mooiste hande en beste glimlag."
Hester:
Dié onderwyseres van Gauteng hou daarvan om te lees, te skets en te verf. Wanneer sy nie werk nie hou sy daarvan om naaldwerk te doen en perd te ry. Sy is aangetrokke tot "Hentie se mooi blou oë, sy glimlag en spontane geaardheid."
Ons kan nie wag om elke Donderdagaand om 20:00 die liefdes-reis saam met Hentie verder te ervaar nie. Sterkte met jou keuses Hentie!
As jy deel van die gesprek wil wees, gebruik die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram.