Logo

Pas of pak jou tas – Boer Graham – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
21 November 2019
Boer Graham se gekose pasmaats het nou op die plaas gearriveer en daar is hope opgewondenheid wat in die lug hang.
5

Al drie die moontlike pasmaats is lewenslustig en lief daarvoor om ’n grappie te maak, daarom lê daar ’n paar moeilike besluite vir Boer Graham oor om te maak. Dié keuses gaan al hoe moeiliker raak hoe meer die boer elke pasmaat beter leer ken en al hoe meer alleen-tyd saam spandeer.

Kom ons kyk of ons Boer Graham se moeilike keuse so bietjie kan vergemaklik:

LEES OOK HIERDIE

Elrene:

Dié derdejaar huishoudkunde-student van Gauteng is skaam en teruggetrokke. Wanneer sy nie studeer nie hou sy daarvan om avontuurlustige aktiwiteite aan te pak asook om koeke te versier. Sy hou van "Graham se sin vir humor, sy waardes en sy glimlag."

MAAK KENNIS MET ELRENE

Ilne:

Dié bedryfsielkunde-student wat Noord-Wes geniet dit om tyd saam met vriende en familie te spandeer. Wanneer sy nie studeer nie, hou sy daarvan om te bak, te lees en te oefen. Sy hou van Graham se ‘gemaklike manier waarop hy mense hanteer in enige situasie.’ 

MAAK KENNIS MET ILNE

Nikola:

Dié argitektuur-student van Gauteng hou daarvan om tyd in die natuur te spandeer en om te seil. Wat vir haar die meeste uitstaan van Graham is wanneer hy met sy hele gesig glimlag. 

MAAK KENNIS MET NIKOLA

Ons kan nie wag om elke Donderdagaand om 20:00 die liefdes-reis saam met Graham verder te ervaar nie. Sterkte met jou keuses Graham!

As jy deel van die gesprek wil wees, gebruik die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram.