Logo

Pas of pak jou tas – Boer Damian – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
21 November 2019
Boer Damian se gekose pasmaats het nou op die plaas gearriveer en daar is hope opgewondenheid wat in die lug hang.
1

Al drie die moontlike pasmaats is lewenslustig en lief daarvoor om ’n grappie te maak, daarom lê daar ’n paar moeilike besluite vir Boer Damian oor om te maak. Dié keuses gaan al hoe moeiliker raak hoe meer die boer elke pasmaat beter leer ken en al hoe meer alleen-tyd saam spandeer.

Kom ons kyk of ons Boer Damian se moeilike keuse so bietjie kan vergemaklik:

LEES OOK HIERDIE

Ivan:

Dié boekhouer van KwaZulu-Natal hou daarvan om in sy vrye tyd te aktief te wees deur te hardloop, te swem en perd te ry. Ander stokperdjies is ook om tyd saam met vriende en familie te spandeer. Hy van van Damian "se persoonlikheid, sy vriendelike glimlag en oë. Ek hou ook van hoe hy met mense werk en dat hy met sy voete plat op die aarde loop." 

MAAK KENNIS MET IVAN

Andrew:

Andrew hou daarvan om mense tuis te laat voel – hy werk immers in die gasvryheidsbedryf. In sy vrye tyd hou hy daarvan om te lees, te skryf en fotografie te beoefen. Andrew "hou van hoe Damian omgee, sy groot-droom doelwitte en sy kuite."

MAAK KENNIS MET ANDREW

Arno:

Dié kuns-onderwyser van die Noordwes is mal daaroor om DIY-projekte aan te pak. Wanneer hy nie skoolgee nie, geniet hy dit om sy passie vir kuns uit te leef. Hy hou "van hoe Damian hom laat gemaklik voel en dat hy 'n "go getter" is."

MAAK KENNIS MET ARNO

Ons kan nie wag om elke Donderdagaand om 20:00 die liefdes-reis saam met Damian verder te ervaar nie. Sterkte met jou keuses Damian!

As jy deel van die gesprek wil wees, gebruik die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram.