Logo

Parow stel Dis hoe ons rol-video en -album bekend

Nuus
29 Julie 2016
Klik hier om die “Dis hoe ons rol”-enkelsnit en -kompilasie-album op iTunes te kry, en om die musiekvideo vir die reisprogram Dis hoe ons rol se temalied te kyk.
Jack Parow Jaco S Venter

Foto: Jaco S. Venter

Jack Parow, wat saam met Hardus van Deventer die reisprogram Dis hoe ons rol aanbied, stel nou die “Dis hoe ons rol”-enkelsnit en -kompilasie-album op iTunes, sowel as die musiekvideo van die program se temalied vry.

Die musiekvideo vir “Dis hoe ons rol” is ’n belewenis. Kyk dit hier:




Dié album bied al Jack Parow se lekkerste treffers op een plek. Die snitlys is ’n mengsel van Parow gewildste liedjies, liedjies wat op die TV-reeks te hoor is, en natuurlik die program se titelsnit, “Dis hoe ons rol”.

Dit is ’n wonderlike bekendstelling van Parow se werk aan sy nuwe aanhangers en ’n vuurwarm kompilasie vir die aanhangers wat al ’n lang pad saam met hom kom.

Party mense hou van ’n stywe dop en ander verkies hul dop flou. Met dít in gedagte stel Jack Parow ook ’n vloekvrye weergawe van die Dis Hoe Ons Rol-album beskikbaar.

Koop of stroom die “Dis hoe ons rol”-enkelsnit of vloekvrye album op iTunes.

Koop of stroom die “Dis hoe ons rol”-enkelsnit of eksplisiete album op iTunes.

Dis Hoe Ons Rol se snitlys:

1. Dis Hoe Ons Rol
2. Cooler as Ekke
3. Dans Dans Dans ft Francois van Coke
4. I Miss
5. Byellville
6. Tussen Stasies ft Die Heuwels Fantasties
7. Eksie Ou
8. Hosh Tokolosh ft Gazelle
9. Biscuits & Biltong ft David Kramer
10. P.A.R.T.Y.
11. Ode To You ft Nonku
12. Dans met My ft Klipwerf Orkes
13. Veilig ft Janie Bay
14. Tema Van Jou Lied ft Valiant Swart
15. Never Gonna Grow Up ft Riky Rick

’n Deel uit “Dis hoe ons rol” se lirieke:

Warm wiele wat die teer slat, die vryheid van die teerpad
Die groen woude en ou geboue van die Wes-Kaap wat verbygaan
Die wors en die pap, ’n bier saam ’n chom klap
Die choppie oppie vuur en die stories as die son sak
Die potholes, die koeie en die roadworks, die uitswaai
Dis die soek na ’n bar wat die rugby dalk uitsaai
Die koring wat soos branders rond dans in die wind
En deur die dorpies ry waar jy laas was as ’n kind

Koor:
Dis hoe ons rol
So sit jou hande in die lug en maak die glase vol
Dis hoe ons rol
Daar’s mos net goeie tye as jy saam ons jol
Dis hoe ons rol
Nasie wat hou van party. Magies vol
Dis hoe ons rol
Want hier’s die bad vibes zero en die gees propvol