Logo

Op die plaas – Boer soek ’n vrou

Nuus
22 Oktober 2019
Leah leer die boere beter ken.
Op Die Plaas

In die nuutste episode van Boer soek ’n vrou het Leah by die boere gaan kuier op hulle plase. Dalk was dit omdat hulle tuis was dat hulle so maklik hulle gevoelens oor die liefde met haar gedeel het. Die gesprekke het ons meer insig gegee oor wat in die boere se harte aangaan.

#BoerFranco

As ’n wêreld-reisiger het Franco al baie ervaar in lande soos Brasilië en Australië. Sy reis het ook ’n positiewe invloed op sy teruggetrokke persoonlikheid gehad omdat dit sy lewensuitkyk verander het, en dit het hom geleer om homself met meer selfvertroue uit te druk. Hy het aan Leah erken dat hy ’n hoë muur om sy hart gebou het, maar nou het hy ’n hek in daardie muur gesit om liefde ’n kans te gee.

#BoerBrandon

As die enigste Engelstalige-boer in dié seisoen, het Brandon ons verseker dat dit nie eintlik saak maak nie. As ’n ywerige leser voel hy nog steeds dat die liefde veel beter in die realiteit is. Brandon glo dat elke verhouding verskil en dat ‘perfek’ iets anders beteken vir elke mens.

#BoerTheunis

Dit het vir Theunis ’n paar draaie gevat vir hom om uit te vind dat sy hart werklik op die plaas behoort. Op sy avonture het hy groener weivelde gaan soek, maar iewers op die pad het hy homself gevind. Hy maak nie maklik oop nie, maar as ’n mens hom eers leer ken is dit duidelik dat hy net ’n eerlike man is wat na ’n eenvoudige verhouding soek.

#BoerGerrit

Na ’n mislukte huwelik is Gerrit gereed om weer op die perdjie te klim. Dit was nie vir hom maklik om weer die liefde ’n kans te gee nie, maar hy sien daarna uit om iemand te ontmoet met wie hy ’n gesin kan begin.

#BoerGraham

Al is hy so effens jonk, is Graham beslis nie onvolwasse nie. Hy het baie selfvertroue en is ’n reguit persoon. Hy is baie opgewonde vir die Boer soek ’n vrou-reis maar hy gaan nie in ’n huwelik inhaas nie. As hy ’n band met ’n pasmaat vestig sal hy dit stadig vat om haar beter te leer ken.

#BoerWillem

Sodra jy verby sy oulike kuiltjies kan kyk, sal jy leer dat Willem ’n baie rustige ou is. In sy opinie kort ’n goeie verhouding net geduld en kommunikasie. Met daardie twee eienskappe glo hy dat ’n paartjie enige verskille uit die weg kan ruim.

#BoerAlbert

Na twee van sy naaste vriende op trou gestaan het as gevolg van hulle tyd op Boer soek ’n vrou, hoop Albert dat hy ook ‘Die een’ op die program sal vind. Albert is gereed om die werk in te sit om iemand beter te leer ken. Hy glo vas dat paartjies die moeite moet doen om hulle verhoudings te maak werk.

#BoerDamian

Op 'n baie jong ouderdom het Damian besef hoe belangrik dit was om homself eers te aanvaar sonder om homself te veel te bekommer oor ander se verwagtinge nie. Soos meeste mense is hy net opsoek na iemand met wie hy ’n gelukkige en liefdevolle lewe kan hê.

#BoerRohan

Ten spyte van die feit dat hy nie al in baie verhoudings was nie, voel Rohan dat hy gereed is om liefde te vind. Een van sy beste eienskappe is sy lojaliteit en hy verwag dit ook van iemand anders af. As Rohan sy pasmaat vind, is hy bereid om uit sy pad te gaan om die verhouding ’n regte kans te gee.

#BoerHentie

Nie net is Hentie op ’n nuwe reis vir liefde nie, hy het ook onlangs sy nuwe beroep begin. Hy glo in tweede kanse en is nie bang vir uitdagings nie. Hy glo dat ’n mens altyd ’n kans moet vat om ware geluk te vind.

Enige persoon wat met ons boere opeindig sal baie gelukkig wees. Dié seisoen gaan een van die beste liefdes-reise wees wat daar al ooit was. Jy hoef niks mis te loop nie. Jy kan elke Donderdag om 20:00 saam met Leah en ons boere kom kuier en deelneem aan die gesprek deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram te gebruik.