Marga van Rooy, wat die rol van Kotie Duvenhage vertolk, is geen vreemdeling vir Suid Afrikaanse televisie skerms nie. Sy is reeds 51 jaar in die bedryf, nadat sy by Truk begin het en eers baie op die verhoog gespeel het. Deesdae, danksy haar rol as Worsie se ma in Vetkoekpaleis, is film- en tv werk haar forte. Sy het ook sopas `n SAFTA toekenning vir beste ondersteunende rol in die fliek “Die Windpomp” verower, nadat sy 'n Silwerskerm trofee onvang het vir dieselfde rol verlede jaar. Sy is ook eersdaags te sien in die KKNK produksie van “My boetie se boetie se baba”.
Hier is wat sy te sê het oor die rol: “Ek is baie opgewonde oor die rol, dit is die eerste keer wat ek `n kêrel in 'n sepie het."
Meer oor Kotie
Kotie is huidiglik die nuwe vrou in Gerhard se lewe. Sy bly al die afgelope 20 jaar in Kaallaagte, waar sy werk as boekhoudster vir die ko-operasie op die dorp. Sy is ‘n baie geordende vrou wat daarvan hou om dinge volgens reëls te doen, maar sy’t ‘n vinnige humeur en veg haar lewe lank al hierteen, sonder veel vordering. ‘n Sterk vrou, wat mans se aandag op die dorp deur die jare hou en hou. Dit verduidelik hoekom sy dit reggekry het om drie keer te trou.
Sy is uitgesproke oor waarvan sy nie hou nie, maar voor mense wat sy nie ken nie, amper beskimmeld. Na haar eerste man se dood, nie twee jaar nadat hulle getrou’t nie, het sy gedink verhoudings is verby vir haar, tot sy haar tweede man ontmoet het – ‘n knoffelboer uit die omgewing. Daar was ‘n kleiner seremonie, die keer, maar almal was bly dat sy weer liefde kon vind, want sy is so ‘n goeie vrou en almal verdien die genade van die Here, ten minste eenkeer.
Dit is waar dat haar tweede man baie ouer was as sy, en dit kon miskien verklaar hoekom hy ook na ‘n jaar dood neergeval het van ‘n hartaanval. Kotie was gebroke. Soos die univers maar werk, was dit die einste prokureur, en die enigste een op die dorp, wat haar man se testament moes behartig. Daar was heelwat aan haar nagelaat, en baie papierwerk, en so deur die oor en weer, raak hulle verlief op mekaar. Kotie, teen haar sin, trou ‘n derde keer. Dit klink onmoontlik, maar Daniel Duvenhage sterf een oggend vroeg, na sy koue stort, op die badkamerteëls van sy huis, aan ‘n hart verwante dood, en Kotie kan nie meer nie.
Vir ‘n hele paar jaar sluit sy haar af, want sy kan nie meer nie. Gerhard neem meer en meer notisie van haar op ‘n dag wanneer die ergste pyn van die dood van sy geliefde Ansie nie meer soos ‘n geroeste lem in sy hart draai nie, en oor ‘n redelike vinnige verloop van tyd, verlei hy Kotie met sy droeë sin vir humor en sy ongelooflike skaap maalvleis bobotie.