Logo

Ons Sprokiesbruilof: Wynand en Marinda

Nuus
06 April 2017
Wynand Fasen en Marinda Marais trou in dié week se episode van Ons Sprokiesbruilof op dieselfde dag as die bruid se verjaarsdag.
OSB Marinda en Wynand

Wynand Fasen en Marinda Marais trou in dié week se episode van Ons Sprokiesbruilof op dieselfde dag as die bruid se verjaarsdag.

Die ontmoeting

Dit was dalk nie liefde met die eerste oogopslag toe Wynand en Marinda mekaar deur Marinda se tannie ontmoet het nie, maar die saggeaarde Wynand het dit tog reggekry om haar hart te wen.

“Ek dink ek het baie meer vir haar gevoel as wat sy vir my gevoel het aan die begin,” sê Wynand.

Dis Wynand se omgeehart wat Marinda na hom aangetrek het, en Marinda se spontaniteit is een van haar eienskappe waarvan Wynand die meeste hou.

Die verlowing

Wynand en Marinda was in Hartbeespoort toe Wynand haar vroegoggend met ’n lugballonrit verras het.

Die probleem hiermee was dat Wynand geweet het hy sou nie op sy knie kon sak as hulle eers in die lug is nie. Daarom het hy uitgehou, omdat hulle in elk geval na die rit ’n foto sou neem en sjampanje sou skink. Terwyl hulle besig was om foto’s te laat neem, het Wynand die geleentheid benut om die groot vraag te vra. “Dit was baie oulik,” sê Marinda.

Die troue

Marinda verjaar op die paartjie se troudag, wat hul groot dag ekstra spesiaal maak. Hulle trou net buite Groblersdal in Limpopo, by Goedgedacht.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).