Logo
Diepe waters cast
web uni tv guide

Diepe Waters

144Drama13 VL

Wynand, Chereé en die akteurs van Diepe Waters deel meer oor hulle ervaring in Mauritius!

Nuus
11 Mei 2023
Wynand en Chereé en akteurs van die gewilde kykNET-telenovela, Diepe Waters, het vanaf 26 April 2023 tot 3 Mei 2023 gaan ontspan by die luukse Sugar Beach Resort in Mauritius en nie een van hulle kan uitgepraat raak oor dié besonderse ervaring nie.
kykNET_Diepe_Waters_April_2023_Starburst_Promotions_Mauritius_1600x533_Picture_1

Wynand en Chereé en akteurs van die gewilde kykNET-telenovela, Diepe Waters, het vanaf 26 April 2023 tot 3 Mei 2023 gaan ontspan by die luukse Sugar Beach Resort in Mauritius en nie een van hulle kan uitgepraat raak oor dié besonderse ervaring nie.

World Leisure Holidays het ook ’n baie spesiale pakket saamgestel wat dit vir lojale kykers en ondersteuners moontlik gemaak het om deel te wees van hierdie eens in ’n leeftyd eilandvakansie.

Hierdie bekende toeragentskap, wat gestig is deur Sol Kerzner, het meer as 30 jaar se ondervinding om eksotiese eilanddrome waar te maak en is ’n eksklusiewe agentskap vir Sunlife Resorts.  

Omdat hulle hoofsaaklik fokus op die eilande in die Indiese Oseaan, word elkeen van hulle bestemmings noukeurig uitgesoek vir hulle wondermooi natuurskoon en uitsonderlike diens om van elke World Leisure Holidays-vakansie ’n onvergeetlike ervaring te maak.

Buiten vir skemerkelkies, smullekker kos, glinsterblou swembaddens, wit strande, goeie musiek en asemrowende sonsondergange, kon vakansiegangers wat deel was van die Diepe Waters-wegbreek ook deelneem aan ’n reeks unieke oord-ervarings (Come Alive Collection), insluitend ’n Energy Gym, Sega Zoomba en Putting on the Ritz, om maar net ’n paar te noem.

Werner Coetser, wat Jacques speel in Diepe Waters en saam met sy vrou dié onvergeetlike paar dae beleef het, sê: Ons oomblik in paradys. Dis die beste manier om die week te beskryf. Elke oomblik het onwerklik gevoel; die see, die hotel, die kos en die ongelooflike inwoners van die eiland. Wat ek die meeste van die ervaring geniet het was al die mense wat saam met ons op die avontuur was, elkeen was uniek en het iets spesiaal aan die oomblik gelas.”

Eloise Cupido (Rose) stem saam: Ek het gedink ek sou die week geniet, maar was nie heeltemal voorbereid op presies hoe baie ek dit sou geniet om saam met my medereisigers tyd op ’n tropiese eiland deur te bring nie. Wat ’n uitsonderlike groep mense. Dat ’n klomp vreemdelinge bymekaar kan kom en herinneringe skep en bande smee, sou ek nie in my wildste drome kon dink nie.”

Die wegbreek, die interaksie met die gaste en die besoek aan die hotel het al my verwagtinge oortref. Dit was ’n baie groot bederf en dit was heerlik om sewe dae saam met ’n vriendin op ’n eiland te kuier en ek was verbaas hoe vinnig die gaste in ons harte kom kruip het,” voeg Lea Vivier (Meghan) by.

Wat dinge nog meer opwindend gemaak het, was die feit dat een gelukkige vakansieganger wat vir twee persone bespreek het ook haar volle pakket-geld terug gewen het. Marianne Rabie was die wenner en vertel: “Diepe Waters is my gunsteling-program, so toe ek die eerste keer die advertensie sien het ek geweet ek wil gaan maar het gesukkel om iemand te kry wat saam kon gaan. Ek het nog nooit ’n vakansie gewen en al vir baie kompetisies ingeskryf. So, ek kon nie my ore glo toe dit met my gebeur nie. Die vakansie het al my verwagtinge oortref. Dit was die wonderlikste mense saam met wie ons gekuier het en ek het alles baie geniet. Die kos was heerlik, asook die weer, die diens en die geselskap.”

Die Mauritius-hotelgroep, Sun Resorts, het onlangs ’n transformasie ondergaan en spog deesdae met ’n splinternuwe voorkoms en handelsnaam, Sunlife.

Sugar Beach, wat deel is van die groep, bied ’n opwindende kombinasie van die verlede en die hede, met glansryke elemente van gister en moderne luukshede van vandag vir ’n onvergeetlike vakansie-ervaring. Om aan te pas by die nuwe voorkoms, is dié oord se kamers en leefareas ook onlangs opgeknap om ’n tikkie weskus-glans weer te gee. Vir meer inligting oor Sunlife, besoek: www.wlh.co.za.

“Daar is geen groter rykdom as om vrede vir jou siel in Mauritius te vind nie,” sluit Pieter en Erena Basson, ’n ander paartjie wat ook die reis meegemaak het, af.

 

kykNET

Facebook:  https://web.facebook.com/kyknet

Instagram: @kyknettv

Twitter: @kyknettv

Webwerf: https://www.dstv.com/kyknet/af-za/home

 

WORLD LEISURE HOLIDAYS

Facebook: https://www.facebook.com/WorldLeisureHolidays  

Instagram: @worldleisureholidays

Webwerf: www.wlh.co.za

 

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: [email protected]

Webwerf: www.starburstmusic.co.za