Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Oktober sorg vir vier episodes 'n week propvol drama – Arendsvlei

Nuus
28 September 2020
Seisoen 3 skop amptelik 28 September af met vier episodes per week vir hierdie gewilde Telenovela!
Untitled design

Dis die begin van ’n nuwe maand en dit beteken net nóg drama in die Vlei. ’n Onbekende vrou loop in by Anton se bakkery. Dinge is rof aan Anton se kant en hy het dringend hulp nodig. ’n Vrou wat haarself voorstel as Naz (Carmen Maarman) is so behulpsaam en besluit om die arme jong man uit te help. Naz is vir Anton soos ’n engel gestuur van bo. 

Kaptein Krige (Brendon Daniels) maak ook ’n draai in Arendsvlei. Kykers het hom ontmoet in seisoen een as Lionel (Jody Abrahams) se pel van Clanwilliam. Krige het ’n belangrike taak om op te los in Arendsvlei en bly vir ’n tydjie by Janice-hulle. Janice (Crystal Donna Roberts) en Krige leer mekaar beter ken. Krige het ’n slaapprobleem en arme Janice is hartseer omdat Claudia uit die huis getrek het. 

Pieter van Schalkwyk (Ivan Abrahams) kan op parool uitkom en dit beteken Wendy (Rehane Abrahams) se geheime is in gevaar. Debra (Kay Smith) vind al hoe meer leidrade wat haar oor haar ma skok. Sal Pieter parool kry en al Wendy se geheime uitlap en sal Debra haar ma kan vergewe dat sy eers haar pa en nou haar oupa vir haar weggesteek het? 

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 vanaf 28 September op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.