Logo

Nuwe seisoene van immergewilde reekse

Nuus
09 Maart 2022
In April maak ’n rits programme hulle terugkeer vir nuwe seisoene op kykNET (DStv-kanaal 144).
Nuwe Seisoene BB

1646815196 56 fiestas

Voor in die koor is Fiësta wat reeds in sy 23ste seisoen is. Die aanbieders is Frazer Barry, Viljé Maritz, Lundi Khoisan en Franci Swanepoel en met twee jaar se stilte, is die feeste terug! Van die eerste feeste in hierdie nuwe seisoen wat die Fiësta-span op gaan fokus sluit in Proe’toria, Stilbaai Boekefees, Wakkerstroom Musiekfees, Silwerskermfees, kykNET Buite-ekspo, KKNK en Lekkerland Karnaval. Fiësta begin op 4 April om 20:30.

1646815159 56 dankie lottoland

Dankie, Lottoland is terug vir ’n vierde seisoen met bekendes soos die legendariese Riaan Cruywagen, Nadia Beukes en Brümilda van Rensburg wat moue oprol en hulpbehoewende individue en liefdadigheidsorganisasies help. Dié inspirerende reeks gaan die kollig op 13 instansies of mense wat in nood is, plaas en hulle ondersteun met skenkings, hulpbronne en blootstelling. Dankie, Lottoland begin op 2 April om 18:00. 

1646815238 56 glam guru

Die gewilde skoonheid- en modeghoeroe Hannon Bothma is terug vir die 22ste seisoen van Glam Guru. Soos tevore gaan Hannon praktiese raad gee, en in die nuwe seisoen word hy bygestaan deur Julius Swart in die velsorgsegment terwyl Robyn Poole grimeertegnieke gaan demonstreer. Die program spog met ’n nuwe vars voorkoms nadat die stel ook ’n oormaaksessie ondergaan het. Glam Guru begin op 3 April om 17:30.

1646815336 56 net koffie

Die unieke verhouding tussen koffie en vulkane word in die derde seisoen van Net koffie met Henriëtte Marx ondersoek. El Salvador, Henriëtte se bestemming in hierdie reeks, is geen gewone teelaarde vir koffie nie, maar speel tog ’n kernrol in die land se bestaan. “Soos die vliegtuig gereed gemaak het om in die hoofstad, San Salvador, te land, het ek by die venster uitgekyk en ’n massiewe vulkaan gesien. Toe reeds het ek geweet: verwag die onverwagse,” sê Henriëtte oor die nuwe reeks. Net Koffie met Henriëtte Marx begin op 10 April om 17:00.

1646815129 56 anzel in die boland

Van die wynstreke wat Anzél en die span in die nuwe seisoen van Anzél in die Boland gaan besoek, sluit in Durbanville, Elgin, Hemel en Aarde en Constantia. “Ons is opgewonde om te wys dat die Boland se grense verder strek as wat mens dink,” sê sy. Van die gaste op die program is die skrywer Irma Joubert, die Springbokrugbyspeler Pieter-Steph du Toit en sy familie in die Swartland, die sangeres Amy Jones en die bekroonde fotograaf Daniël Naudé. Anzél in die Boland begin op 21 April om 21:00.